24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.08.2010

Kiesersopleiding: DMH sit hand by

© Republikein
Mnr. Moses Ndjarakana
DIE belangrikheid van kiesersopleiding in die aanloop tot November se verkiesings vir streekrade en plaaslike owerhede, is gister deur die direkteur van Verkiesings, mnr. Moses Ndjarakana, beklemtoon toe hy ’n nuuskonferensie in Windhoek toegespreek het.

Hy het Republikein by die naam uitgesonder en bedank vir die bystand wat aan die Verkiesingskommissie (ECN) verleen word om sy mandaat uit te voer om Namibiese burgers op te lei om ingeligte besluite en keuses te maak.

Die DMH-groep se koerante, Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung, het die voortou geneem met ’n veldtog om Namibiërs bewus te maak van die noodsaaklikheid om as kiesers te registreer ten einde in staat te wees om hul kruisies in die November-verkiesings te kan trek. Altesaam 200 000 van die paspoorte met waardevolle inligting oor registrasie van kiesers word landwyd deur die DMH-groep versprei om ook kiesers in verafgeleë gebiede wat nie noodwendig gereeld koerante kry nie, te bereik.

Volgens mnr. Ndjarakana is kiesersopleiding ’n duur oefening wat vennootskappe met verskille rolspelers soos politieke partye, die media, regeringsinstansies, nie-regeringsorganisasies en andere verg om demokrasie en deelname asook vrye, regverdige, deursigtige en geloofwaardige verkiesings aan te bied.

Die bykomende registrasie van kiesers begin komende Maandag en duur tot 6 September. Dit bied aan alle stemgeregtigde Namibiërs wat nie in besit van kieskaarte is nie, tyd om hulle te laat registreer. Dit sluit in diegene wat sedert die vorige bykomende registrasieveldtog 18 jaar oud en gevolglik stemgeregtig geword het; die mense wat van een kiesafdeling na ’n ander verhuis het, dié wat hul kieskaarte verloor het of wie se kieskaarte beskadig of vernietig is, asook diegene wie se vanne byvoorbeeld vanweë huwelike verander het.

Ten einde in staat te wees om te registreer, moet voornemende kiesers sekere dokumentêre bewyse toon. ’n Burgerskapsertifikaat saam met ’n ou Namibiese identiteitskaart is nodig vir diegene wat buite Namibië gebore is.

’n Namibiese geboortesertifikaat en ’n nuwe Namibiese rybewys kan ook gebruik word, so ook ’n Namibiese geboortesertifikaat en twee geregistreerde kiesers wat kan getuig dat die voornemende kieser wel is wie hy of sy sê hulle is.

Hiermee saam moet kiesers wat vir hierdie verkiesings registreer ook óf ’n telefoonrekening van Telecom Namibia óf munisipale rekeninge wat aantoon dat die persoon die afgelope 12 agtereenvolgende maande in ’n betrokke kiesafdeling woonagtig was, saamneem as bewys dat die kieser wel geregtig is om in ’n sekere kiesafdeling te stem.