24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.02.2010

Kiesers sê hul sê

© Republikein
Vir die 19-jarige Anna Immanuel (regs voor) is ‘n werksgeleentheid die grootste guns wat sy uit vandag se tussenverkiesing op Okahandja wil wen.
“EK wil ‘n werk hê,” benadruk Anna Immanuel waar sy buite die Laerskool Aurora in Nau-Aib in die ry wag om haar stem in die tussenverkiesing in die Okahandja-kiesafdeling uit te bring.

“Ek is ‘n bornfree,” se die 19-jarige vrou, wat verlede jaar graad 10 gedruip het en vanjaar deur Namcol verder moet leer.

Dit is sedert November se nasionale verkiesings die tweede keer dat sy haar kruisie gaan trek.

Anna is bly om te stem, maar sukkel om in Engels of Afrikaans uit te druk hoekom sy dink ander mense moet ook stem.

“Ons soek ontwikkeling! En verandering!” borrel dit egter dadelik uit die kele van ander kiesers in die ry.

Linea Silas (23) wag tydens Republikein se besoek al drie ure in dieselfde ry. Sy is ‘n kapanaverkoper, maar net so effe ongelukkig dat die proses nie vinniger loop nie.

Vroegoggend was daar baie lang toue by die skool.

By die dorpsaal is mnr. Binga Kairikove (69) – op krukke – gou voorkeur gegee om as pensioenaris se stemplig na te kom. Hy was baie beindruk met die Verkiesingskommissie se goeie organisasie.

“Ons is belangrik om te kies,” het ouma Ndapandula Paulus (56) in die Vyfrandkamp gesê. Sy was vierde van voor in die ry en het al om 02:00 – soos ander met ‘n stoel onder die blad – by die stempunt aangekom om haar kruisie te trek.

“Almal moet kom stem,” het Ouma Paulus aangemoedig tussen die babatjies in stootwaentjies en ‘n opgekrulde hond wat saam by die hek voor die stempunt gewag het. Volgens me. Paulus is sy trots om te sê dat sy nog aan elke verkiesing sedert 1989 deelgeneem het.

Dani Booysen op Okahandja