
Kiesers van die Vyfrand Kamp informele nedersetting van Okahandja het douvoordag by die stempunte opgedaag vir die tussenverkiesing. Die stempunte het op die kop 07:00 geopen om kiesers toe te laat om ‘n nuwe plaaslike owerheid te kies. Sowat 40 mense het in ‘n ry voor die gemeenskapsentrum gewag om hul stemreg toe te pas.