
Die Duitse ambassade het rekenaartoerusting ter waarde van N$15 000 aan elk van die argiewe van die Evangeliese Lutherse kerk (ELCIN) en die Duitse Lutherse kerk (DELK) geskenk. Hierdie toerusting vervang hul verouderde toerusting en stel die kerke se argiewe in staat om hul dokumentasie op te knap en hul rekordhouding te verbeter. V.l.n.r. is biskop Zephania Kameeta (ELCIN), pastoor Peter Pauly, Duitsland se ambassadeur Egon Kochanke en biskop Erich Hertel (DELK).