Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

5.02.2010

Katjavivi en EU praat oor toekoms

© Republikein
Prof. Peter Katjavivi, Direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie.
DIE afvaardiging van die Europese Unie in Namibië en die Nasionale Beplanning Kommissie (NPC) het vandeesweek hul jaarlikse beraad gehou om te praat oor die prestasies van die vennootskap en om strategieë te bespreek oor hoe om die uitdagings van die jaar vorentoe ten beste aan te pak.

Die tema van vanjaar se beraad is “Verbeterde Samewerking in diens van Namibië se ontwikkelingsdoelwitte.”

Die oogmerk van die byeenkoms is om personeel van die EU en die NBK bymekaar te bring om belangrike sake te bespreek en die toekomspad te bepaal sodat doeltreffende uitvoering en implementering van die mandaat van sowel die Europese afvaardiging as die NBK ingevolge die Cotonouvennootskap gevind kan word.

Die besondere aard van die vennootskap tussen lande wat aan die Stille Oseaan grens, die Karibiese Eilande en Afrika aan die een kant en die EU aan die ander kant en waarvan Namibië met onafhanklikwording deel geword het, sluit ekonomiese, handel, politieke en ontwikkelingsdimensies in.

Dit behels ook die gesamentlike bestuur van bronne van die Europese Ontwikkelingsfonds. In die konteks beklee die Direkteur-generaal van die NPC die rol as nasionale magtigingsoffisier in Namibië.

Dit is vanjaar die tweede keer dat die beraad plaasvind. Volgens ’n gesamentlike verklaring van die EU-afvaardiging en die NPC, bevestig dit die verbintenis van albei partye om die verbintenis te omskep sodat dit tot die doeltreffende aanwending van ontwikkelingshulp in pas met die Parys Verklaring van 2003 en die Accra Aksie Agenda (AAA) kan wees.

Die beraad versterk ook die gesamentlike verantwoordelikheid van die EU-afvaardiging en die NPC-sekretariaat vir die implementering van die tiende Europese Ontwikkelingsfonds en landstrategie- dokument en die nasionale aanduidende program vir Namibië. Hierdie dokument en program is in April 2008 amptelik bekendgestel en maak voorsiening vir die raamwerk vir bystand ten bedrae van N$ 1.05 miljard vir die tydperk 2008 tot 2013.

’n Halftermyn hersiening het verlede jaar plaasgevind en belanghebbendes het uitvoerige beraadslagings gevoer.

Tydens die beraad sal die EUafvaardiging en die NPC die proses en die lesse wat geleer is uit die halftermyn hersiening oordink.

In breë trekke is op die halftermyn hersiening tot die gevolgtrekking gekom dat met die fokus op onderwys, water en sanitasie, landelike ontwikkeling en ekonomiese en demokratiese staatsbestuur en die bou van die kapasiteit van nieregering rolspelers, die EU se strategie baie toepaslik is vir Namibië se pogings om die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte en die prioriteite in die derde Nasionale Ontwikkelingsprogram te verwesenlik.

Die NPC en die EU-afvaardiging sal ook die noodsaaklikheid bespreek om die Regering se staatsbestuur-aksieplan te hersien. Die inwerkingtreding van die Lissabon Verdrag en die skepping van ’n nuwe eksterne Europese Aksiediens deur die loop van vanjaar, sal verseker dat die EU beter gekoördineer is in sy eksterne optrede insluitende die lewering van bystand.

Om die rede sal dit ’n gesamentlike sessie insluit met amptenare wat met samewerking van lidlande van die EU gemoeid is. Die EU se gedragskode sal onder meer bespreek word. Namibië het pas aangekondig dat die land ook ’n ondertekenaar is van die ooreenkoms wat by die Kopenhagen Spitsberaad oor klimaatverandering opgestel is.

Die ooreenkoms is nie so ambisieus soos gehoop is nie en ook nie bindend nie. Dit skiet tekort wat sowel die EU as Namibië en ander Afrikalande se verwagtinge betref. Desnieteenstaande is dit ’n belangrike eerste stap vorentoe om uiteindelik die Kyoto Protokol te vervang.

In Kopenhagen het ontwikkelde lande ook ooreengekom om ’n finansieringpaket vir ontwikkelende lande van bykans US$30 miljard vir die tydperk 2010 tot 2012 beskikbaar te stel en mediumtermyn finansiering van US$100 miljard jaarliks teen 2020.

Terwyl die implementeringsmeganismes vir geldse wat verband hou met klimaatverandering nog gedefinieer moet word, is dit belangrik om nou gebruik te maak van bestaande bystand koördineringstrukture.

Terselfdertyd moet bestaande hulpprogramme ag slaan op en aanpas by die vereistes wat deur die nuwe uitdagings wat verband hou met klimaatverandering gestel word. Pogings hiertoe is reeds in die tiende Europese Ontwikkellingsfonds se halftermyn hersieningproses aangewend, maar dit sal in die toekoms veel meer prominent wees, lui die verklaring deur die EU-afvaardiging en die NPC.

Ná verlede jaar se vloede het Namibië reeds ’n naramp noodontleding gedoen waaraan deskundiges van die EU deelgeneem het. Dit word bereken dat die “bou beter terug”-program ten bedrae van N$2.7 miljard gedeeltelik deur die Namibiese regering en gedeeltelik deur nuwe eksterne bystandsbronne gefinansier sal word.

As deel van die halftermyn hersiening van die tiende Europese Ontwikkelingsfondsbydraes word aanpassings reeds voorsien op die gebied van landelike ontwikkeling wat ’n projek sal insluit om die produksie van tradisionele oesproduksie in die noordelike streke van die land te verbeter.

Dit sal bydra tot voedselveiligheid en aandag aan die gevolge van klimaatverandering skenk.