24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.02.2010

Katamila weier om te gaan lê

ONDANKS die onafhanklike kandidaat in die komende tussenverkiesing op Okahandja se skorsing uit Swapo, is die bittereinder oortuig dat hy op 24 Februarie ’n groot deel van die regerende party se stemme in die kiesafdeling gaan buit.

Swapo se sekretaris-generaal, me. Pendukeni Iivula-Ithana, het verlede week op ’n nuuskonferensie in Windhoek die politburo se eenparige besluit bevestig om mnr. Ben Katamila weens ernstige wangedrag uit Swapo te skop.

Volgens me. Iivula-Ithana het die politburo die nominasieproses om Swapo se kandidaat te kies, waaroor mnr. Ben Katamila en ander klagtes gehad het, verlede Maandag as geldig aanvaar. Sy het benadruk dat dit lede se plig is om ’n geldige meerderheidsbesluit te aanvaar selfs al stem jy nie saam nie.

As ’n gedissiplineerde organisasie met selfrespek kan Swapo volgens haar eenvoudig nie anargie duld soos wat “voormalige kameraad Ben” stook nie.

“Ek het gedink hy was ’n ernstige kameraad,” het sy gesê. Volgens mnr. Katamila het hy eers kort na die nuuskonferensie in Windhoek skriftelik kennis van sy skorsing ontvang.

Die sekretaris-generaal het egter aangevoer dat die dokumente reeds voor dit by hom afgelewer was. Sy het ook benadruk dat sy mnr. Katamila persoonlik die kans gegun het om sy saak te stel.

Volgens hom is hy wel onlangs deur me. Iivula-Ithana ontbied, maar het sy die indruk geskep dat die hele kwessie op ’n openbare vergadering op Okahandja aangeroer sou word voor die party ’n finale besluit neem.

Volgens mnr. Edward Hauanga, hoofverkiesingsbeampte op Okahandja, het ’n eerste vergadering Woensdag met drie van vier kandidate en hul partye goed afgeloop. Swanu was egter afwesig.

Voorlopige stempunte is geïdentifiseer en die leviete voorgelees oor die misbruik van verkiesingsvoertuie en die gedragskode vir partye.

“Ons gaan aan,” het mnr. Katamila oor sy veldtog, getiteld “Red jou dorp,” gesê.

Die “gemeenskapsprojek” moet volgens hom na sewe jaar vir eens en altyd die Tuindorp na sy vroeëre glorie herstel. “Selfs die blinde mense sien die vuilis,” sê hy.

“Ons vra N$10 hier en ry met die luidspreker op die bakkie daardie kant toe, waar ons maar weer N$10 bedel om verder te kom,” vertel mnr. Katamila.

Me. Iivula-Ithana het Swapolede gevra om net vir mnr. Steve “Biko” Booys te stem.