SCORE CARD:


20 YEARS OF INDEPENDENCE

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Okahandja stem


Lesers 2010


Fotobeelde

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

01.03.10

Drywer skiet homself ná vragongeluk in woestyn

03.03.10

Stem Namibies

02.03.10

Tiger Reef bly in branders se visier

28.02.10

Ruiterstandbeeld staan weer trots

01.03.10

Beesdief steel ’n tweede keer

13.01.2009

Kaskenades toe slang saamry na die winkel


Besoekers aan die Wernhil Park-inkopiesentrum is Vrydagoggend verras met ’n slang wat in ’n motor se sierrooster weggekruip het. Die slang het spoorloos verdwyn na ’n stryd om hom gevang te kry. Die foto van die reisende slang is deur me. Carol Stinton aan Republikein verskaf.
DIE onderdakparkeerterrein by Wernhil Park was omstreeks 11:00 Vrydag in rep en roer nadat ’n sekuriteitswag van Professional Security Force Services (PSFS) ’n slang in die sierrooster van ’n motor opgemerk het. Die motor behoort aan ’n kliënt van die Hochfeld-omgewing wat inkopies by die sentrum kom doen het.

Weens die erns van die saak het die sekuriteitwag die motor afgekordon om verbygangers se veiligheid te verseker en die winkelsentrum se skakelbeampte is dadelik van die voorval in kennis gestel. Aanvanklik is dit vermoed dat die slang ’n Kaapse kobra kan wees, weens die reptiel se kenmerkende geel kleur en bruin spikkels.

Die sentrumbestuur het die Windhoekse brandweer van die slang in kennis gestel en ’n beampte is dadelik na die sentrum gestuur om die slang te vang. “Na ’n ooggetuie die slang se voorkoms beskryf het, is dit na alle waarskynlikheid vermoed dat dit ’n tierslang is en nie ’n Kaapse kobra soos eers vermoed nie,” het mnr. Wilhelm Van Niekerk, stasie-offisier by die Windhoek brandweer gesê.

Die Kaapse kobra, oftewel koperkapel, is welbekend in Namibië. Die neurotoksien (gif) van die slang het ’n uitwerking op ’n mens se asemhalingstelsel. 60% van alle slagoffers wat deur die slang gebyt is, sterf binne twee tot vyf ure na die byt. Die Kaapse kobra is vir die hoogste sterftesyfer van slangbyte in Suider-Afrika verantwoordelik.

Die tierslang, hoewel minder gevaarlik, is steeds giftig. Wernhil Park se bestuur het alle moontlike veiligheidsmaatreëls getref om verbygangers van die slang in kennis te stel en van die moontlike gevaar veilig te hou. Lede van die brandweer en die eienaar van die voertuig waarin die slang homself tuis gemaak het, bespiegel dat die slang Donderdagaand na ’n reënbui op die plaasgemeenskap by die voertuig ingeseil omdat dit na hitte gesoek het.

Die slang het toe saam met die motor ’n geleentheid stad toe gekry waar dit in die winkelsentrum se parkeerterrein gewaar is. Volgens Mnr. Van Niekerk het die slang toe intussen vanaf die sierrooster na die voorste buffer afgeseil en het van daar heel moontlik in die motor se onderstel verdwyn.

Na ’n paar ure van sukkel om die slang uit die motor te kry, het dit ongelukkig weggekom en “sleepselloos” verdwyn, meen Mnr. Van Niekerk. Die skakelbeampte van Wernhil Park, me. Carol Stinton, het die flinke optrede van die sekuriteitswag, die brandweer en die sentrum se bestuur bedank.