Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

27.11.2009

Kamp lekker, kamp veilig



KAMPERING kan ’n groter avontuur wees wanneer kinders saamgaan as wat die meeste mense dink, maar dit is belangrik om ’n paar voorsorgmaatreëls in gedagte te hou wat moontlike noodsituasies kan verhoed.

Een van die eerste en grootste foute wat ouers maak wanneer met kinders gekamp word, is om toe te laat dat hulle op hul eie rondloop. Wees te alle tye bewus van die omgewing asook die potensiële gevare. Wees op die uitkyk vir giftige plante. ’n Doeltreffende voorsorgmiddel hierteen is om ’n koekie seep saam te neem waarmee die gif afgewas kan word indien op ’n plant getrap of daarop geval word.

Nog ’n gevaarlike fout wat ouers maak, is om toe te laat dat kinders aan diere raak wat mak lyk. Dit is ’n algemene wanbegrip dat sulke diere nie ’n gevaar inhou nie en dit is beter om nie toe te laat dat kinders te na aan hulle kom nie. Dieresiektes is ook maklik en vinnig oordraagbaar.

Die belangrikste om in ag te neem wanneer staptogte onderneem word, is om kinders altyd onder oë te hou. Dit beteken egter nie dat kinders hulself nie mag geniet nie.