Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

8.02.2010

Kabinet stel reëls vir huurarbeid

DIE Kabinet het by sy sitting op 26 Januarie die wysiging van die Arbeidswet in die “korttermyn” as oplossing aanvaar hoe om vergrype te ontmoedig wat met huurarbeid gepaard gaan.

’n Voorstel om die Grondwet te verander om van die beweerde apartheidseuwel ontslae te raak, is vir eers op die langebaan geskuif.

“Om die probleme inherent aan die huurarbeidstelsel te hanteer,” lees die jongste nuusvrystelling uit Namibië se Kabinetsaal, “sal die Grondwet gewysig moet word om die verbanning van huurarbeid te magtig, of, alternatiewelik, moet streng nuwe wetgewing aanvaar word om die uitbuitende aspekte van die stelsel te elimineer.

Dit wil lyk of nuwe wetgewing die praktiese oplossing vir die probleem is in die korttermyn…”

Die Kabinet het derhalwe die volgende wysigings aan die Arbeidswet voorgestel:

• Die behoorlike omskrywing van huurarbeid sodat die definisie net van toepassing is op die huurarbeidstelsel en nie “bona fide subkontrakteurs en onafhanklike kontrakteurs” nie.

• Die uitklaring van die posisie van seisoenale en tydelike werkers.

• Die wetswysiging moet dit vir die Minister van Arbeid en Maatskaplike Welsyn moontlik maak om regulasies uit te vaardig wat arbeidsverhoudinge nougeset sal omskryf, maak nie saak of daar na geraaktes verwys word as werknemers, diensverskaffers of kontrakteurs nie.

• Huurarbeiders sal minstens dieselfde betaling ontvang as werknemers in diens van maatskappye in vergelykbare sektore en sal geregtig wees op presies dieselfde byvoordele.

• Alle huurarbeiders sal geskrewe dienskontrakte hê, behoorlik onderteken deur beide die huuren kliëntonderneming.

• Die gebruik van huurarbeiders tydens stakings of uitsluitaksies sal onwettig wees.

• Die wysiging moet die Minister die reg gee om uitvoerige bykomende regulasies te formuleer en ’n instansie op versoek kwyt te skeld van voorskrifte in verband met huurarbeid.