24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.03.2010

Jeugliga lê ook die rottang op Rehoboth in

© Republikein
Me. Katrina Hanse-Himarwa
SWAPO se Jeugliga het nie net op sy laaste sentrale komitee-vergadering van twee beweerde “Hanse-adjudante” in Mariental ontslae geraak nie, maar ook vir mnr. Adriaan “Adidas” Beukes van Rehoboth om dieselfde rede vir wangedrag geskors.

Mnr. Beukes is die Jeugliga-lid vir Rehoboth se landelike kiesafdeling, waar Swapo in November soos op Mariental heelwat steun verloor het.

Mnr. Veikko Nekundi, die Jeugliga se sekretaris vir ekonomiese sake, het Donderdag op ’n nuuskonferensie diplomaties probeer terugkrabbel dat ’n “ondersoek” in die aanloop tot die skoonmaakaksie geen bewyse kon vind dat die omstrede goewerneur van die Hardap-streek, me. Katrina Hanse-Himarwa, sekere jeugleiers per “afstandbeheer” teen die Jeugliga se topleierskap opgesteek het, of dat sy enige ander oortredings begaan het nie.

Van agter die gordyne het prominente figure in die beweging egter opnuut benadruk dat hulle nie sal toelaat dat me. Hanse-Himarwa vir mnr. Titus Huisemab probeer uitstoot as die Jeugliga se nommer een man vir later vanjaar se verkiesings nie.

Mnr. Nekundi het openlik gemaan teen enige sulke agendas. By navraag het me. Hanse-Himarwa plegtig ontken dat sy enigiemand “remote control.”

“Ek is dan ’n produk van die Jeugliga,” het sy benadruk.

“Ek het by Swapo aangesluit toe ek 14 was, en was in die Jeugliga tot in 2001, in Kapia se tyd.” Volgens die goewerneur het die Jeugliga haar juis gebring waar sy vandag is.

“As ’n leier van Swapo en die Regering is ek verantwoordelik vir al die mense van Hardap,” het me. Hanse-Himarwa beklemtoon.

“My mense bestaan uit jeugdiges, mans, vroue, kreupeles, oues en baie ander groepe – en ek dra almal se welstand op die hart.” Oor haar kanse om weer op ’n stembrief te kom, het die goewerneur eers net gelag.

“Ek is nie daar om dinge vooruit te loop nie,” het sy gesê. “Ek is deur die mense verkies en as hulle bereid is om die keuse weer te doen, hang dit van hulle af. Dit is vir die mense om hulle (die Jeugliga) verkeerd te bewys; nie vir my nie.”

Mnr. Nekundi het die hoop uitgespreek dat die dissiplinêre verhoor van me. Juta Shikomba, die Jeugliga se ondersekretaris, binne ’n redelike tyd afgehandel sal word.

Me. Shikomba is vir ’n onbepaalde tydperk geskors weens haar weiering om voor ’n span te verskyn wat verlede jaar op Swakopmund aangesê is om ondersoek in te stel na beweerde pogings om die Jeugliga intern langs etniese lyne te verdeel.

Die Jeugliga se sentrale komitee, het mnr. Muesee Kazapua gesê, doen ’n beroep op alle lede om hulself te weerhou van optrede wat die goeie naam en missie van die beweging kan ondermyn.

Die twee geskorstes op Mariental is mnre. Jan Johannes Herero, die goewerneur se persoonlike assistent, en Simon Dukuleni, na bewering familie van me. Hanse-Himarwa.