24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

28.10.2009

Jeug kan nou saampraat


Leerlinge van die Primêre Skool Moses //Garoeb het by die bekendstelling van die veldtog by die VN Plaza in Katutura verlede week ‘n spesiale dans opgevoer om die jeug opgewonde te kry oor die anonieme diens.

DIE Namibiese jeug word aangemoedig om meer aan samelewingskwessies soos die komende verkiesings deel te neem, en vandeesweek se bekendstelling van die Listen Loud-veldtog blyk die jeug ’n spreekbuis te gee om sake van belang aan politici en gemeenskapsleiers bekend te maak.

Die gratis diens word oor vyf weke aangebied, met elke week se vrae oor dienslewering, politieke beleid en leierskap wat ’n tema vir die week uitbeeld.

Die deelnemers is anoniem, die program is veeltalig, en sou deelnemers nie kan skakel nie, kan ’n SMS gestuur word om menings te lug.

Volgens ’n Unicef-verklaring speel inligtingtegnologie ’n al hoe groter rol in ekonomiese groei, inligtingverspreiding en kommunikasie.

Die veldtog maak gebruik van die meer as 39% van die land se inwoners wat selfoongebruikers is en van wie meer as helfte onder 21 is, om die geleentheid aan die jeug bekend te maak.

Volgens mnr. Ian McLeod, Unicef se verteenwoordiger in Namibië, is die November-verkiesing nie net ’n belangrike gebeurtenis weens die rol van die sogenoemde “born frees” nie, maar ook dat dit die 20ste herdenking van die Verenigde Nasies se Konvensie op die Regte van die Kind is wat vanjaar gevier word.

“Die twee gebeurtenisse kom mooi bymekaar om ’n geleentheid te skep waar die jeug hul deelname aan belangrike besluite wat hulle ook raak, kan uitoefen.”

Die junior burgemeester, me. Nadine Boois, het die geleentheid verwelkom en die jeug aangepor om van die diens gebruik te maak deur ’n praktiese demonstrasie oor die lug te doen.

Die Namibiese Instituut vir Demokrasie (NID), asook die Suider- Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap Parlementêre Forum( SADC-PF) het as vennote saam met Unicef die diens gesteun en help ontwikkel.

Volgens mnr. Barney Karuuombe, ’n Namibiër wat tans waarneem as direkteur van die parlementsleierskapsentrum by SADC-PF, sal die diens nie net die leiers meer rigting kan gee oor sake wat na aan die jeug se hart lê nie, maar sal die jeug ook meer betrokke by die gemeenskap word en verantwoordelikheid aanvaar vir die omstandighede waarin hul hulself bevind.

Om van die diens gebruik te maak, skakel 0800 00 2009.

Hein Scholtz