24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.10.2009

Jerry gooi stembriefpatat in HH se skoot

RDP kry skuld vir stembrief-krisis


Mnr. Jerry Ekandjo, Swapo se sekretaris vir inligting en mobilisering, met fotomateriaal wat volgens hom staaf dat mnr. Hidipo Hamutenya van die RDP die vader van die NamPrint-baba is.

SWAPO is in beginsel nie onwillig dat ’n ander maatskappy as NamPrint, of selfs ’n buitelandse ondernemer, stembriewe vir Namibiese verkiesings druk nie, het mnr. Jerry Ekandjo, die regerende party se sekretaris vir inligting en mobilisering, Donderdag gesê.

In ’n duidelik voorbereide taktiek om politieke munt uit die polemiek te slaan, het mnr. Ekandjo beswaarde opposisiepartye versoek om liewer by mnr. Hidipo Hamutenya van die Rally for Democracy and Progress (RDP) as by Swapo oor die saak te gaan kla.

As die Verkiesingskommissie (ECN) homself oor die kwessie wil “ophang,” is dit volgens mnr. Ekandjo ook nie Swapo se saak nie. “Ons is nie betrokke by die ECN nie,” het hy benadruk.

Toe Republikein hom gevra het wat die regerende party se mening oor die NamPrint-twisappel is, het mnr. Ekandjo in ’n kits ’n stel kleurfoto’s uitgeruk van mnr. Hamutenya by die inwyding van hierdie filiaal van Kalahari Holdings.

“Julle sien, hy’s gelukkig,” het hy gekorswel. “Dit is Hidipo se baba. Hy was in beheer…

“En nou skielik is die druiwe suur?”

Almal wat wil huil, moet volgens mnr. Ekandjo dus maar by mnr. Hamutenya aanklop. “Gaan vra hom: ‘Hoekom het jy die dier geskep?’”

Mnr. Ekandjo het bygevoeg dat die opposisie al jare aan verkiesings deelneem ondanks die feit dat NamPrint in die Swapo-stal is. Die setels wat sulke partye tans het, is volgens hom te danke aan stemme wat op NamPrint-stembriewe uitgebring is.

Hy het namens Swapo ’n versoek aan Nudo, die CoD, UDF, MAG en APP gerig om eerder onafhanklik te bly in hul mening oor die saak en nie soos die DTA en ander “een-en tweemanpartye” marionette van die RDP te word nie.

“In ’n kapitalistiese gemeenskap word die sterkeres sterker en die swakste swakker,” het mnr. Ekandjo by die staatsideologie gaan draai. “Gee vir ons 72 setels en ons sal die land in ’n volwaardige sosialistiese staat omskep,” het hy gedreig.

“Laat hulle (opposisiepartye) maatskappye stig wat kan meeding (met NamPrint). Hulle is vry om dit te doen.”

Volgens mnr. Ekandjo kan Swapo in ’n kits genoeg geld insamel vir monitoroptrede, sou die wet toegelaat het dat stembriewe oorsee gedruk mag word. Vir ander partye sal so ’n oefening egter volgens hom te duur wees – wat sal beteken dat die opposisie bakhand by die Regering vir reis-en verblyfgeld sal kom staan.