24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

22.09.2009

Jagger weer in dorpsraad

MNR. Benjamin Jagger is terug op Rehoboth se dorpsraad na ‘n besluit in die verband deur die bestuurskomitee van die Congress of Democrats (CoD).

Die CoD het in Junie besluit om mnr. Jagger aan die dorpsraad te onttrek midde mediaberigte van wydverspreide korrupsie waarby Rehoboth se dorpsraad betrokke is, luidens ’n verklaring deur die visepresident van die CoD, mnr. Alfred Chilinda.

Hy vertel dat die CoD destyds gevra het dat Swapo die Rehoboth-dorpsraad moet ontbind en nuwe verkiesings vra. Aangesien Swapo die versoek geïgnoreer het, het die CoD besluit dit dien geen doel as sy verteenwoordiger op die raad steeds onttrek is nie.

Die CoD het reeds ‘n brief aan die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die dorpsraad geskryf om hom oor die heraanstelling van mnr. Jagger in te lig.