24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.09.2009

Iyambo lei Swapo se vergadering op Reho

© Fred Goeieman
Dr. Nickey Iyambo (regs), hoof van Swapo se aangewese leiers na die Hardap-streek, stel me. Theresia Basson (links) en me. Martha Kandundu aan die gehoor bekend wat tot die party se verkiesingskollege later vandeesmaand in Windhoek verkies is.

SWAPO het sy ondersteuners in die Hardap-streek versoek om hul politieke aktiwiteite tydens die party se mobilisasieveldtog vir die komende Presidents- en parlementêre verkiesing in Namibië op ’n volwasse wyse te bedryf.

Gedissiplineerde veldtogte sal altyd sukses in die verkiesing verseker en as partylede hulself goed gedra, sal die verkiesingsuitslae vry en regverdig verklaar word.

Diegene wat verdien om die komende verkiesing te wen, sal wen en diegene wat behoort te verloor, sal verloor omdat hulle nie hulself deeglik vir die werwing van stemme georganiseer het nie, het dr. Nickey Iyambo, hoof van die aangewese leiers na die Hardap-streek, Sondag by die party se openbare vergadering op Rehoboth gesê.

Dr. Iyambo wat die Minister van Veiligheid en Sekuriteit is, het benadruk dat daar altyd wenners en verloorders in ’n verkiesing gaan wees. Hy het gesê die vergadering is ’n twee-in-een: die herdenking van Heldedag wat amptelik reeds op 26 Augustus op Omugulu-gwoombashe gehou was en die verkiesingsveldtog vir die komende Presidents- en parlementêre verkiesing. Die Hardap-streek se kandidate na die Swapo verkiesingskollege is ook op die vergadering bekendgestel.

In die eerste fase is twee kandidate, mee. Martha Kandundu en Theresia Basson tydens die streekkonferensie na Swapo se verkiesingskollege gekies, terwyl nog drie, mnre. Dawid Richter, Theodor Jankowski en Eduard Wambo, in die tweede fase aangewys is. Die Minister het gesê die “vibra sie vir verandering” kom oor ’n paar weke met die verkiesing vir die Nasionale Vergadering en die President vir die komende vyf jaar.

“Heldedag is die dag waarop Namibiërs oor kleurgrense heen besluit het om apartheidskolonialisme af te skud en na vryheid te marsjeer. Die dag moet met afguns bewaak word dat dit nie van die kalendar verdwyn nie.” Hy het Namibiërs, van watter politieke oortuiging ook, versoek om te verenig en altyd vorentoe te beur vir vreedsame ontwikkeling van die land.

Hy sê ongeag taalverskille binne die landsgrense, bly Namibiërs een nasie. “In verskeidenheid lê Namibië se krag. In eenheid sal Namibië kan staan en in verdeeldheid sal sy mense faal,” het hy aangevoer. Dr. Iyambo het toehoorders gewaarsku om nie diegene wat die land wil verdeel, se hand te sterk nie.

As voorbeeld het hy genoem dat sommige mense ’n paar jaar gelede gedink het hulle kan die Caprivi-streek van die res van die land afstig, terwyl ander van ’n sogenaamde Republiek van Rehoboth gedroom het. Hy het verder gesê Namibiërs besef nie die belangrikheid van die werk wat die polisie doen nie. Die polisie en die weermag is volgens hom belas om die gebiedsintegriteit van die land te verdedig.

Die weermag word net betrek wanneer daar oorlog is, terwyl die polisie op ’n daaglikse grondslag reg en orde moet handhaaf. Hy het gesê dit is die plig van elke Namibiër om met die polisie saam te werk. Hy het genoem dat meeste van die aangehoudenes by die polisieselle op Rehoboth tussen die ouderdomme van 18 en 35 jaar is – mens wat normaalweg moet studeer en werk vir die ontwikkeling van die land.

Meeste van hulle voer aan dat vanweë werkloosheid en armoede, misdaad hul enigste uitweg was om te kan lewe. “Ek stem saam, maar ek glo dit nie,” was sy woorde. “Nêrens in die wêreld het ’n regering werk vir al sy mense geskep nie. Mense moet daaraan dink om werk vir hulself te skep.”

Hy het gesê mense moet rondom hulle kyk en geleenthede raaksien en benut om hul lewens te verbeter. Hy het die voorbeeld genoem dat jeugdiges op die oewers van die Oanobdam groente kan plant. “Die jong mense in die polisieselle hoort in die klaskamers. Hul kanse om vaardighede en opvoeding te bekom, is gedoem en as hulle vrygelaat word, sal hulle in alle waarskynlikheid weer in die tronk beland,” het hy gesê.

Hy het die jeug op Rehoboth aangemoedig om geleenthede raak te sien en selfs die Regering om hulp te nader. Hy meen beperkte besproeiing kan by Oanobdam gedoen word wat aan ’n paar jong mense werk kan verskaf. Dr. Iyambo het die jeug versoek om hulle van alkoholisme te weerhou wat net lewens verwoes en eerder dink hoe hulle waardevolle burgers van die land kan word.