Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

3.02.2010

Italianer se Omeya-romanse


’n INTERNASIONALE vlug van Italië na Accra in Ghana en van daar ’n aansluitingsvlug na Windhoek. Dit is die roete wat die Morello’s (foto) sedert gisteraand volg om hier aan die Omeya-erweveiling deel te neem wat Saterdag onder groot afwagting plaasvind.

Gister het die vier direkteure in die ontwikkeling, mnre. André van der Walt, Albe Botha, Wouter van Zyl en Pieter du Plessis, Republikein besoek om die laaste gelukstrekking te doen vir ’n finalis wat moontlik Saterdag erf 180 ter waarde van N$305 000 kan wen.

Nege ander finaliste is met ’n SMS-kompetisie uit tienduisende SMS’e gesif om Saterdag ’n kans te staan om die erf in die opwindende ontwikkeling sowat 30 km suid van die hoofstad te wen.

Die Morello’s, Roberto en sy vrou Shirley, het gister uit Milaan laat weet dat hulle voet in die stiebeuel staan om hul geliefde Namibië te besoek, veral met die oog op Saterdag se Omeya-veiling. Die feit dat hulle nou ’n kans staan om erf 180 te wen, beteken nie hulle gaan nie ’n ander erf ook koop nie, want die aanvanklike plan was om ’n belegging hier te kom maak met die oog op die toekoms.

Wat Omeya hulle kan bied, is volgens Roberto Morello uiters opwindend.

Die veiling Saterdag span die kroon op voorbereiding wat maande geduur het. Die eerste 215 erwe op veiling se insetpryse wissel tussen N$272 000 en N$3 000 000, maar die leefstyl beloof lug en lig, die buitelewe, ’n gholflandgoed enig in sy soort en uiteindelik ’n dorpie met die nodige geriewe.

Vrae wat nog by voornemende kopers bestaan oor wat Omeya hulle kan bied, kan deur die direkteure of me. Marisa Hohne beantwoord word. Die kontakbesonderhede is: marisa@omeyagolf.com of skakel 061 400 848.