24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

18.03.2009

IT sleutel om minerale te ontsluit

DIE sleutel waarmee Afrika se minerale skatte vir die res van die wêreld ontsluit gaan word, lê in die ontwikkeling van inligtingstegnologie en die wyse waarop mense van die vasteland die inligting deel en bestuur. In die opsig is ’n slypskool in Windhoek van stapel gestuur om struikelblokke in die weg van die beter beskikbaarstelling van geowetenskaplike inligting aan te spreek.

Die internasionale werkswinkel waar aan verteenwoordigers van sowat 30 lande deelneem, sal Vrydag ten einde loop en is daarop gemik om ’n Pan-Afrikaansenetwerk op die been te bring om geo-wetenskaplike inligting meer geredelik beskikbaar te stel.

Die Minister van Myne en Energie, mnr. Errki Nghimtina, het die slypskool amptelik van stapel gestuur en gesê die dae wat Afrikalande in afsondering gewerk het om hul grondgebied te karteer en om wette ten opsigte van eksplorasie en mynwese op te stel, is met die ontwikkeling en uiteindelike ingebruikstelling van die Pan- Afrikaanse inligtingstelsel, iets van die verlede.

“In die wêreld van vandag is ’n meer holistiese benadering nodig om die minerale skatte van die vasteland te ontsluit. In die opsig moet lande wat aan die projek deelneem, saam besluite oor die toekoms van minerale hulpbronne neem en is dit net moontlik omdat soveel vordering ten opsigte van die ontwikkeling van inligtingstegnologie gemaak is.”

Mnr. Nghimtina het genoem dat sekere lande ten opsigte van die beskikbaarheid van moderne inligtingstegnolgie ver agter weë gelaat is en dat die veld eers gelyk gestel moet word, voor die doelwitte van die werkswinkel ’n werklikheid kan word.

Daarbenewens het die slypskool dit ook ten doel om weë te vind om Afrika by die geologieseopnamegemeenskap van die wêreld te laat insluit. Minerale hulpbronne is nie die enigste doelwit van die nuwe Pan- Afrikaanse-inligtingstelsel nie. Die voorsiening van water raak met groeiende bevolkingsgroepe moeiliker en moet geo-wetenskaplike inligting gebruik word om die probleem te oorkom.

Die organiseerder van die slypskool, dr. Kristine Asch van die Duitse geologiese-opname, het gesê die beter toegang tot geowetenskaplike inligting gaan in die toekoms ’n noodsaaklike rol in die vermindering van risiko en die voorkoming van mensgemaakte rampe speel.

Die slypskool word in samewerking met die Duitste Federale Instituut vir Geo-wetenskappe en Natuurlike Hulpbronne, die Namibiese Geologiese Opname en die Internasionale Kommissie vir die Bestuur en Gebruik van Geowetenskaplike Inligting in Windhoek aangebied.

Geld vir die slypskool is van die Duitste Federale Ministerie van Samewerking en Ontwikkelling ontvang. ‘n Kameelperd is die embleem van die slypskool, die onderwerp daarvan is Giraf en is ’n afkorting van Geo-Wetenskap Inligting in Afrika.