|
|
10.2.2012 Petrolskok |  NuusbrekerDIE prys van 93 oktaan en 95 oktaan petrol styg Woensdag met onderskeidelik 30 en 34 sent, het die Ministerie van Myne en Energie vandag aangekondig.
Dieselpryse styg dieselfde dag met ses sent, wat die groothandelprys in Walvisbaai op N$10,20 te staan sal bring.
Lees meer |
|
10.2.2012 Kinders word pionne | DIE Parlementêre portefeuljekomitee vir geslag- en gesinsake het verneem dat sommige wees- en kwesbare kinders vir hul versorgers se eie gewin by skole in die Ohangwenastreek ingeskryf word. Die versorgers gebruik die Regering se finansiële ondersteuningsprogram ... Lees meer |
|
10.2.2012 Grondwetdag 22ste keer herdenk |  GRONDWETDAG is gister tydens die eerste kabinetsitting vir 2012 gedenk.
Op 9 Februarie 1990 is die Grondwet van Namibië aanvaar, ’n Grondwet wat wêreldwyd as besonder progressief en demokraties beskou is.
Die voormalige eerste minister, dr. Hage Geingob (foto links), ... Lees meer |
|
10.2.2012 Olie TIPEEG se ratte, sê Pohamba |  BUROKRATIESE rompslomp het tot gevolg dat baie van die Regering se projekte ingevolge sy Geteikende Ingrypingsprogram vir Werkskepping en Ekonomiese Groei (TIPEEG) nie geïmplementeer kan word nie. Lees meer |
|
10.2.2012 KK met hof gedreig |  DIE Minister van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur, mnr. Kazenambo Kazenambo, het onderneem om teen 15:00 vandag joernalis Tileni Mongudhi se bandopnemer terug te gee.
Dit volg nadat die maandblad Insight gedreig het om ’n dringende hofbevel te kry ... Lees meer |
|
10.2.2012 Treine loop weer |  ’n ONWETTIGE spoorwegstaking van langer as agt dae is uiteindelik gister landwyd teen die middaguur in die kiem gesmoor.
“Ons slaak ’n sug van verligting,” het me. Sara Naanda, waarnemende direksievoorsitter van die nasionale karweier, die gevoel van die staatsinstelling, ... Lees meer |
|
10.2.2012 Nuus van 10 Februarie tot 16 Februarie 1992 | Maandag 10 Februarie
• Die Namibiese Intelligensiediens word deur personeel van kontrakbreuk beskuldig en minstens nege amptenare is glo na ’n ondersoek deur ’n herorganiseringskomitee oor “lojaliteit en wantroue” laat weet dat hulle op vervroegde pensioen geplaas is. Lees meer |
|
9.2.2012 Goeie reën val van die Suide tot die Noorde |  GOEIE neerslae het in die grensgebied van die Cuvelai uitgesak met 40 mm wat by Odibo gemeet is en 66,7 mm by Okongo, terwyl Oshakati en Oshikango onderskeidelik 27 mm en 22,4 mm reën ontvang het.
Gisteroggend is 5,7 mm by Keetmanshoop en 2,2 mm by Mariental gemeet. Lees meer |
|
9.2.2012 Min samewerking strem ontwikkeling |  DIT raak moeiliker vir nie-regeringsorganisasies (NGO’s) om tot nasionale ontwikkeling by te dra, het die Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, gesê. Die geleentheid was die eerste tentoonstelling van NGO’s wat verlede week amptelik deur hom in die hoofstad geopen is. Lees meer |
|
9.2.2012 Ministerie help entrepreneurs |  Sedert die stigting van die Ministerie van Handel en Nywerheid se hulpskema vir die daarstelling van toerusting om produksiekapasiteit van klein- en mediumondernemings te bevorder, het die Ministerie vanaf 2009 reeds 413 stukke toerusting aan ontluikende entrepreneurs in die land oorhandig. Lees meer |
|
9.2.2012 Rebelle’ vra ontslag |  DIE voorkoming van ’n voortgesette string binneverhore was “nie noodwendig” een van die hoofoorwegings wat die staat Dinsdag onverwags sy verraadsaak teen 112 beweerde afstigters uit die Caprivi laat sluit het nie.
Die woorde kom van adjunkaanklaer- generaal Herman January, ... Lees meer |
|
8.2.2012 Polisieman besteel glo ‘moordenaar’ |  ’n POLISIEBEAMPTE het na bewering byna N$20 000 getrek uit ’n bankrekening van ’n oudpolisiebeampte wat in aanhouding is.
Konstabel Martin Iyambo (29) het reeds op ’n klag van diefstal in die hof in Katutura voor landdros Kauli Ngishitende verskyn. Hy ... Lees meer |
|
8.2.2012 FNB belê in Olimpiese atlete |  “NAMIBIESE atlete is in ’n veel swakker posisie wanneer dit by finansiële steun kom. Hoe verwag die publiek dat atlete op Olimpiese vlak moet presteer sonder dat die nasie hulle die nodige ondersteuning gee?”
So het mnr. Dixon Norval, hoof van strategiese ... Lees meer |
|
8.2.2012 Huishulpe kry eie organisasie |  OM ’n organisasie van Werkgewers van Huishulpe op die been te bring, sal verseker dat Namibië die ooreenkoms van die Internasionale Arbeidskonferensie uitvoer wat verlede jaar onderteken is, is die mening van me. Vicki ya Toivo, spesiale raadgewer van die ... Lees meer |
|
8.2.2012 Duitsland vereer kerkman |  SEKSWERKERS van so jonk as tien jaar oud was die getuies toe ’n toegewyde kerkman wat sy lewe aan menseregte, veral dié van prostitute wy, met ’n hoogstaande internasionale toekenning vereer is.
Die Duitse ambassadeur, mnr. Egon Kochanke, het Maandag die ... Lees meer |
|
8.2.2012 Wending in molesteersaak |  DIE saak waarin ’n ouer van Windhoek N$2,4 miljoen van ’n kleuterskool eis waar haar driejarige dogter na bewering deur seuns gemolesteer is, het gister ’n oënskynlike terugslag in die Hoërhof beleef.
Dit volg nadat inligting bekend geword het wat daarop ... Lees meer |
|
8.2.2012 Veterane op oorlogspad | VOORMALIGE oorlogveterane op Eenhana sal opruk na Windhoek indien nie voor 10 Mei aan hul eise vir N$200 000 se kontantuitbetaling gehoor gegee word nie.
Hulle soek nie finansiering vir inkomste genererende projekte vir die bedrag soos deur die Regering voorgestel is nie, ... Lees meer |
|
8.2.2012 TransNamib se treine steeds op syspore afgetrek |  TRANSNAMIB se lokomotiewe was gister vir ’n sewende dag op die syspore getrek in ’n onwettige staking waarvan die einde steeds nie in sig is nie.
Met arbeidsproteste wat op al wat ’n front is, uitslaan, sal ook werknemers van die Namibiese Lughawensmaatskappy ... Lees meer |
|
8.2.2012 Ndaitwah oes nog toerismelof |  Die Minister van die Omgewing en Toerisme, me Netumbo Nandi-Ndaitwah, het nog ’n internasionale toekenning opgeraap.
Sy het Vrydag die toekenning as Internasionale Wetgewer van die Jaar in Las Vegas, Amerika van Safari Club International ontvang.
Verlede ... Lees meer |
|
7.2.2012 Mynongeluk eis ’n lewe | ’n WERKNEMER van Breda Mynkontrakteurs (BMC) het verlede week tydens ’n mynongeluk noodlottige beserings opgedoen toe hy ondergronds by die Otjihase-myn, noordoos van Windhoek, gewerk het.
Die oorledene was die 33-jarige mnr. Wilbard Angula, het die koördineerder ... Lees meer |
|
7.2.2012 Publiek moet sê oor kieswet |  DIE hervorming van die Kieswet en voorstelle vir aanbevelings vir moontlike wysigings aan die stuk wetgewing is weer op die voorgrond met ’n reeks openbare vergaderings wat Vrydag begin het waar die publiek sy bydraes kan lewer.
Onderwerpe wat tydens die openbare vergadering aandag geniet het, ... Lees meer |
|
7.2.2012 Kultuurdorpie open buite Okahandja |  KULTURELE toerisme is ’n nuwe konsep wat deur die Regering en die toerismebedryf voorgestel is, maar die implementering daarvan is nie na wense nie, omdat baie mense in die bedryf dit nie ten volle in werking kan stel nie.
Dit is die mening van die Minister van die Omgewing en Toerisme, me. Lees meer |
|
7.2.2012 Oorplanting op Windhoeker suksesvol |  “’n NUWE lewe het vir ons aangebreek” het ’n dankbare en verligte Liezl van Schalkwyk uit Bloemfontein laat weet na ’n suksesvolle operasie waartydens sy op 25 Januarie ’n nier aan haar man Piet geskenk het.
Liezl het in ’n telefoniese onderhoud aan Republikein ... Lees meer |
|
7.2.2012 Salarislont brand plek-plek kort |  MIDDE ’n “staakseisoen” wat vroeg in die jaar op talle fronte stoom opbou, het werkers van Hardstone Processing, ’n diamantaanleg in Windhoek, ook gister na die plakkate gegryp om ’n noemenswaardige verbetering in hul betaling af te dwing.
“Ons het al so baie vergaderings gehou, ... Lees meer |
|
7.2.2012 ‘Wet’ laat Katima sonder water |  AS inwoners of sakeondernemings op Katima Mulilo met die betaling van hul waterrekenings agterstallig is, gaan hul watertoevoer afgesny word.
Volgens die waarnemende hoof uitvoerende beampte van Katima Mulilo se dorpsraad, mnr. Nawa (Charles) Nawa, is ... Lees meer |
|
7.2.2012 Buffel sluit weer plase |  SES maande nadat die teenwoordigheid van twee rondloperbuffels naby Okakarara tot die sluiting van digby 200 plase in die sentrale ooste gelei het omdat gevrees is bek-en-klou-seer kan uitbreek, het bemarking in die gebied opnuut tot ’n stilstand geruk.
Dit ... Lees meer |
|
7.2.2012 Spoorstaking betree ’n sewende dag |  TRANSNAMIB se treindrywers, hul assistente, beheerbeamptes en rangeerders wat in dele van die land reeds vir ses dae onwettig staak, moet volgens mnr. Erkki Nghimtina, Minister van Werke en Vervoer, tot hul sinne kom.
Die hardvogtigheid van personeel op ... Lees meer |
|
7.2.2012 Nuwe oond vir Gesondheid |  Na meer as 30 jaar se gebruik gaan die verbrandingsoond van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste in Windhoek vervang word. In die plek van die oond wat afval van privaat- en staatsgesondheidsinstellings verbrand, kom deur ’n groter, meer moderne een wat teen hoër temperature brand. Lees meer |
|
6.2.2012 Handel en Nywerheid besin oor toekomsvisie |  AMPTENARE van die Ministerie van Handel en Nywerheid het Donderdag in Windhoek vergader en onderneem om vanjaar verskeie raamwerke en beleide te ontwikkel wat tot voordeel van die land se ekonomiese groei sal wees.
Bestaande wetgewing sal ook hersien word. Lees meer |
|
6.2.2012 Swapo-hoës swyg oor KK-haatspraak |  IN sowel regeringskringe as die Swapo-party is dié naweek laer getrek en ’n dawerende stilswye gehandhaaf oor die nuutste uitlatings van die omstrede Minister van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur, mnr. Kazenambo Kazenambo.
Die Minister is opnuut ... Lees meer |
|
6.2.2012 NBL aims at talent attraction | OHLTHAVER & List recently launched its annual Talent Attraction Programme which further confirmed the O&L Group’s response to the call of Government to create jobs, to develop and groom Namibians citizens, “especially those who demonstrated great potential ... Lees meer |
|
6.2.2012 Nog hondesmokkelaars vas | DIE Suid-Afrikaanse polisie het voor die naweek op nog ’n vrag honde wat na bewering bestem was vir kopers in Namibië en Angola, by die Vioolsdrifgrenspos beslag gelê.
Drie Angolese mans is in hegtenis geneem en die polisie het 12 honde van verskillende ... Lees meer |
|
6.2.2012 Tyd vir nuwe hoofstuk tussen Duitsland en Namibië |  TEN spyte van die donker hoofstuk in die geskiedenis, heers ’n goeie verhouding tussen Namibië en Duitsland en ekonomiese handel tussen die twee lande groei steeds.
So het die direkteur-generaal vir Afrika-sake van Duitsland, amb. Walter Lindner, Vrydag voor sy vertrek na Duitsland gesê. Lees meer |
|
6.2.2012 Vervoer in krisis |  TRANSNAMIB staan vanoggend voor die toets om te sien of werkers landwyd na hul poste terugkeer nadat die Arbeidshof Saterdag ’n staking oor die nasionale karweier se nuwe salarisstruktuur onwettig verklaar het.
Elke Namibiër hou saam asem op.
Buiten vir die impak op mynbou, ... Lees meer |
|
6.2.2012 Unesco, Korea steun beroepsonderrig |  NAMIBIË en vier ander lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) gaan hulp van Unesco en die Republiek van Korea ontvang om die lande se beroepsonderrig en -opleiding (VET) te verbeter.
Die projek wat “Better Education for Africa Rise (BEAR) heet, ... Lees meer |
|
|