|
|
21.3.2010 Namibië vier 20 jaar |  Die vreugdesvure brand hoog! Namibië vir sy 20ste onafhanklikheid. Op hierdie blad is alle stories met die aanloop tot die feesvieringe te vinde, artikels uit die gedenkbylae oor die 20ste herdenking en die fees wat die naweek te wagte is. Lees meer |
|
21.3.2010 Dirk Mudge onthou |  Nuusbreker
EEN van Namibië se Grondwetskrywers en voormalige voorsitter van die Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA), mnr. Dirk Mudge, was Saterdagaand tydens die staatsbanket ter viering van 20 jaar se onafhanklikheid, een van die gaste. Lees meer |
|
21.3.2010 Duisende deel in vryheidsfees |  Nuusbreker
OM 09:30 vanoggend, skaars ’n halfuur voor Namibië se 20ste onafhanklikheidsvieringe formeel sou afskop, het mense steeds in lang rye voor die hekke van Windhoek se Onafhanklikheidstadion tougestaan om self die mylpaalherdenking te beleef. Lees meer |
|
21.3.2010 Staatsbanket in beeld |  Nuusbreker
’n GLANSRYKE staatsbanket is Saterdagaand in die Safari Hotel en Konferensie Sentrum aangebied ter viering van Namibië se 20ste herdenking van onafhanklikwording. Lees meer |
|
20.3.2010 Hooggeplaastes hier vir 20ste fees |  Nuusbreker
DIE ou aankomsaal by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako buite die hoofstad is spesiaal ingerig en die rooi tapyt is uitgerol om verskeie staatshoofde en ander diplomate te verwelkom met hul besoek aan Namibië. Lees meer |
|
20.3.2010 Optog vier 20 jaar se dienslewering |  Nuusbreker
’n LANG ry sierwaens van staatsinstellings, Windhoek se plaaslike owerhede en private maatskappye het vanoggend die hoofstad op horings geneem as deel van Namibië se 20ste onafhanklikheidherdenkinge. Lees meer |
|
19.3.2010 Dankie, Namibië! |  PRESIDENT Hifikepunye Pohamba, wat Sondag vir sy tweede ampstermyn ingehuldig word, het op die vooraand van Namibië se 20ste herdenking van onafhanklikwording al die mense van Namibië bedank vir hul bydrae om vrede en stabiliteit in die land te verseker.
Dit ... Lees meer |
|
19.3.2010 Só lyk Pohamba se keuse |  PRESIDENT Hifikepunye Pohamba se keuse van ses kandidate om as bykomende lede van die Nasionale Vergadering te dien, was op groter verteenwoordiging van minderheidsgroepe gebaseer.
Die ses wat nie stemreg in die NV sal hê nie, sal na alle waarskynlikheid ... Lees meer |
|
19.3.2010 Net RDP-8 nie ingesweer |  DIE agt kandidate van die Rally for Democracy and Progress (RDP) sal nie vandag saam met nuutverkose lede van die Nasionale Vergadering aantree om ingehuldig te word nie.
Op Sondag, 21 Maart 2010, sal Pres. Hifikepunye Pohamba vir sy tweede ampstermyn as Staatshoof ingehuldig word. Lees meer |
|
19.3.2010 President se visie in sy eie woorde |  PRESIDENT Hifikepunye Pohamba het in ’n openhartige onderhoud met Republikein vandeesweek teruggekyk op 20 jaar van onafhanklikheid en sy persoonlike belewenis hiervan met Estelle de Bruyn van Republikein gedeel. Hy het ook sy drome en wense vir die land bespreek en gepraat oor die uitdagings wat voorlê. Hy het in die onderhoud ook ’n spesiale boodskap vir die jeug van die land gehad. Lees meer |
|
19.3.2010 Só lyk die feesprogram |  MET ’n groot, geskiedkundige fees op hande en veg- en ander vliegtuie wat reeds vir twee dae oor Windhoek dreun in oefenvlugte, is hierdie naweek vir Namibiërs en besoekers aan die land ter herdenking van 20 jaar se onafhanklikheid vermaak en erns om van te kus en keur. Lees meer |
|
19.3.2010 Parlement neem afskeid |  GISTER was die laaste sitting van huidige lede van die Nasionale Vergadering.
Die Minister van Veteranesake, dr. Ngarikutuke Tjiriange, het tydens Woensdag se voorlaaste sitting reeds lede van die parlement met sy aftrede uit die Huis en kabinet vaarwel toegeroep. Lees meer |
|
19.3.2010 Nuus van 19 tot 25 Maart 1990 |  • Verskeie hooggeplaastes was gisteraand reeds in Namibië vir die onafhanklikheidsvieringe, onder wie dr. Chester Crocker, voormalige Amerikaanse adjunkminister belas met Afrika-sake.
• Die oproep tot patriotisme op Namibiese diewe in die onafhanklikheidsweek ... Lees meer |
|
19.3.2010 Nuwe lede van die parlement ingesweer |  Nuusbreker
ALTESAAM 61 lede van Swapo, Swanu, die United Democratic Front (UDF), Nudo, die Congress of Democrats (CoD) en die All People’s Party (APP) asook die ses lede wat deur Pres. Hifikepunye Pohamba benoem is, is Vrydag 19 Maart in die Nasionale Vergadering ingesweer. Lees meer |
|
19.3.2010 RP en DTA boikot nuwe Nasionale Vergadering |  Nuusbreker
ETIES sou dit verkeerd wees om ingesweer te word as lid van die Nasionale Vergadering terwyl jy ’n party in ’n hangende hofsaak is, wat die samestelling van die Nasionale Vergadering op grond van die verkiesingsuitslae van 2009 betwis. Lees meer |
|
18.3.2010 Studie beveel uitdunning van Kunene-olifante aan |  'n OLIFANT-bestuursplan vir die grootvoete in die noordweste van die land is pas deur ’n gesamentlike presidensiële komitee vrygestel waarvolgens indringende maatreëls ingestel moet word om die olifantbevolking in toom te hou.
Dit volg nadat ’ ... Lees meer |
|
18.3.2010 ACC hoort nie in Grondwet |  DIE insluiting van artikels wat handel oor die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) in die Grondwet, het die week in die Nasionale Vergadering skerp kritiek uit Swapo-geledere gelok met heelwat lede wat daarteen gekant is dat dit in die Grondwet ingesluit word.
Die ... Lees meer |
|
18.3.2010 Laaste sitting van Kabinet |  LEDE van die Kabinet van die vierde Namibiese regering het gister vir die laaste keer vergader.
By die geleentheid het Pres. Hifikepunye Pohamba Kabinetslede herinner aan hul eerste vergadering op 31 Maart 2005 in die Kabinetvergadersaal in die Kantoor van die Eerste Minister, ... Lees meer |
|
17.3.2010 Pryse van brandstof dié maand onveranderd |  NAMIBIËRS staar ondanks ’n onderverhaling in die plaaslike mark nie vandeesmaand weer ’n styging in die pryse van petrol en diesel in die gesig nie.
Die Ministerie van Myne en Energie het bekendgemaak dat die brandstofprys in Maart in weerwil ... Lees meer |
|
17.3.2010 Hoofstuk van Grondwet word vervang |  HOOFSTUK 15 van die Grondwet wat oor die veiligheidsmagte van die land handel, sal in totaliteit vervang word deur ‘n nuwe hoofstuk as die wysigingswetsontwerp op die Grondwet, wat tans voor die Nasionale Vergadering dien, aanvaar word.
Die opskrif van die hoofstuk lees tans: “ ... Lees meer |
|
17.3.2010 Onweer oor NV |  ONGEAG wat opposisiepartye besluit, sal die nuwe Nasionale Vergadering (NV) stiptelik om 09:00 Vrydagoggend ingesweer word.
Feesverhoë wat Sondag met die 20ste herdenking van Namibië se onafhanklikheid onder die gewig van ’n uitgelese string wêreldgaste sal kreun, ... Lees meer |
|
17.3.2010 Opposisie sê vandag |  OPPOSISIEPARTYE wat setels in die Nasionale Vergadering (NV) verower het, maar steeds in ’n hofstryd oor die verkiesingsuitslae gewikkel is, kon gisteraand besluit om wel Vrydag ingesweer te word.
“Die Auasberge gaan nêrens heen nie,” het die Speaker van die NV, mnr. Lees meer |
|
17.3.2010 Groot stry oor feesparty |  GOED genoeg vir die aanloop tot die algemene verkiesings, maar nie goed genoeg vir die viering van die 20ste jaar van ’n onafhanklike Namibië nie. Dan word net Windhoekse kunstenaars oorweeg.
So sê Peter Isaacs, ’n Swakopmundse akteur en sanger. Lees meer |
|
17.3.2010 Vuurwerke Sondag |  'n Skouspel wag op Namibiërs.
As deel van die land se 20ste onafhanklikheidsvieringe sal daar op Sondag 21 Maart tussen 20:00 en 21:00 ’n vuurwerkvertoning by die Onafhanklikheidstadion aangebied word.
Die publiek word versoek om die nodige voorbereidings met troeteldiere te tref. Lees meer |
|
16.3.2010 Namibië kry gevorderde lugradar |  LUGVERKEER oor Namibië sal met die ingebruikneem van ’n nuwe topklas radarstelsel van die veiligste op die vasteland wees.
Die Minister van Werke en Vervoer, mnr. Helmut Angula, het die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en die lughawe Eros in Windhoek besoek om die nuwe radar- ... Lees meer |
|
16.3.2010 Partye oorweeg opsies |  VERTEENWOORDIGERS van al die politieke partye, met die uitsondering van Swanu, wat volgens die omstrede uitslae van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) setels in die Nasionale Vergadering verwerf het, sou gisteraand vergader om hul opsies te bespreek. Lees meer |
|
16.3.2010 Bekendes sterf in Noorde | DIE Noorde is die naweek deur twee hoë profiel sterftes geskud toe mnre. Laban Hamata en Henock Ismael afsonderlik weens natuurlik oorsake dood is.
Mnr. Hamata (79) was tot sy aftrede kort ná onafhanklikwording die hoof van die NBC se Oshiwambo-diens op Oshakati. Lees meer |
|
16.3.2010 191 ongelukke in Februarie |  DIE Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) se nuutste ongelukdataontleding toon dat 191 ongelukke, 378 beserings en 18 sterftes in Februarie aangemeld is.
Minstens 94% van die ongelukke is by die belsentrum van die MVAF aangemeld en 94% van die ambulanse wat na die toneel ontbied is, ... Lees meer |
|
16.3.2010 VSA ontevrede met stand van menseregte |  NAMIBIË het kwaai deurgeloop in die menseregteverslag vir 2009 wat pas deur die Amerikaanse buro vir demokrasie, menseregte en arbeid gepubliseer is.
Van die menseregtevergrype wat in die verslag uitgelig word, sluit in die polisie se gebruik van uitermatige mag; ... Lees meer |
|
16.3.2010 Portugal verstewig bande | DIE versterking van bestaande bilaterale betrekkinge tussen Portugal en Namibië is die resultaat van die Portugese minister van buitelandse sake, mnr. Luis Amado, se afgelope besoek aan Namibië. Tydens die besoek het hy onder meer samesprekings gevoer met sy Namibiese eweknie, Min. Lees meer |
|
16.3.2010 CoD val Premier Angula aan |  DIE Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, word daarvan beskuldig dat hy met sy ministeriële toespraak oor die verkiesingshofsaak probeer het om die fundamentele regte van Namibiërs te ondermyn en onwettige optredes in die land aan te moedig. Mnr. Tsudao Gurirab ... Lees meer |
|
16.3.2010 Wysigings aan die Grondwet voor NV |  EERSTE Minister Nahas Angula het ’n wetsontwerp wat daarop gemik is om verskeie aspekte van die Grondwet te wysig, in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. In sy verduideliking het die Premier gesê in die verlede is reeds probeer om hierdie tegniese wysigings aan te bring. Lees meer |
|
16.3.2010 Oordragkoste moet daal, sê Saara |  WYSIGINGS aan die wet op oordragkoste is verlede week deur die Minister van Finansies, me. Saara Kuugongelwa- Amadhila, in die Nasionale Vergadering aangekondig. Sy het gesê dat dit daarop gemik is om die lewens van mense en die veiligheidsnet om armoede te verlig, te verbeter. Lees meer |
|
16.3.2010 Onderwater-skatte nou Namibië s’n |  DIE skeepswrak wat in April 2008 naby Oranjemund ontdek is, het nou ’n kleed van beskerming gekry ná die Nasionale Vergadering die Unesco-konvensie op die beskerming van die onderwater kulturele erfenis verlede week bekragtig het.
In sy motivering het die Minister van Jeug, ... Lees meer |
|
16.3.2010 Simataa ontken Chinese voorkeur |  “COLLECTIVE stupidity,” was mnr. George Simataa, permanente sekretaris van Werke en Vervoer, se reaksie op beweringe in ’n plaaslike weekblad dat hy ’n tender aan sy studietoesighouer toegeken het om hom ’n kursus te laat slaag. Lees meer |
|
16.3.2010 Werk begin aan mediese skool by Unam |  PRESIDENT Hifikepunye Pohamba het Donderdag die eerste sooi gespit op die terrein waar die Universiteit van Namibië (Unam) se nuwe mediese skool gaan verrys.
Vanjaar is die eerste jaar dat ’n volwaardige MB.ChB-graadkursus aan die Universiteit van Namibië aangebied word. Lees meer |
|
15.3.2010 Noodsaaklike handboeke gaan binnekort na skole |  DIE Millennium Uitdaagrekening (MCA) het pas kontrake ter waarde van N$34.9 miljoen gesluit met sewe Namibiese publikasiemaatskappye om handboeke vir Wiskunde, Wetenskap en Engels vir graad 5 tot graad 12 te druk.
Die maatskappye wat betrokke is, is Edumeds, ... Lees meer |
|
15.3.2010 Opposisie bly vir eers buite |  DIE Rally for Democracy and Progress (RDP) se verkose lede van die Nasionale Vergadering (NV) sal nie deel wees van Vrydagoggend se geskeduleerde insweringseremonie nie.
Die vierde Parlement sluit sy werksaamhede Donderdag af en volgens die adjunksekretaris van die NV, mnr. Lees meer |
|
15.3.2010 Polisievroue vertrek na Darfur |  Die eerste kontingent van 17 vroulike Namibiese polisielede vertrek vandag na Darfur in Soedan waar hulle as deel van die Verenigde Nasies en Afrika Unie se vredeskorps gaan werk. Nog ’n groep van 14 sal op 30 Maart vertrek om vir ’n jaar by die vredesending aan te sluit. Lees meer |
|
15.3.2010 Rehoboth slyp tande vir landspolitiek |  MET die aansoek om registrasie as politieke party wat die Rehoboth Democratic Movement (Reho DM) Vrydag by die Verkiesingskommissie (ECN) ingehandig het, wil die beweging volgens sy voorsitter, mnr. Jan van Wyk, die weg baan vir deelname aan November vanjaar se landwye verkiesings vir streek- ... Lees meer |
|
15.3.2010 Verraad-uitspraak sny diep |  DIE Hoërhof se verwerping vandeesmaand van 27 moontlike skuldbekentenisse wat die staat as getuienis in die Caprivi-hoogverraad aangebied het, kan volgens ’n regsgeleerde verreikende gevolge vir die sukses van die saak hê. Die hof se voet-dwars-sit-beslissing ... Lees meer |
|
|