|
|
12.3.2010 Warm olifantdebat wag in Doha |  ’n TEGNIESE punt en ’n onduidelike beskrywing van sewe Afrika-lande oor die rede waarom hulle wil hê onder meer Namibië moet vir twintig jaar nie in staat wees om in ivoor- en ivoorprodukte handel te dryf nie, kan daartoe lei dat dié voorlegging ... Lees meer |
|
12.3.2010 Klimaat: land soek sy eie navorsing |  NAMIBIË moet dringend ’n voorraadopname oor alle navorsing wat reeds oor klimaatverandering in die land onderneem is, doen om te verhoed dat die ondertekening van die Kopenhagen-ooreenkoms negatiewe gevolge vir die land sal inhou.
In die verband is ... Lees meer |
|
12.3.2010 ‘Verkiesingswet moet hersien word’ |  DIE noodsaaklikheid bestaan vir die hersiening van die verkiesingswet waar aandag ook geskenk word aan die aantal dae waarop gestem word.
Die behoefte aan die verstewiging van sekere skroewe in die wet is nodig om onduidelikhede en weersprekende vertolkings uit die weg te ruim, ... Lees meer |
|
12.3.2010 Rukoro gryp NV-lede |  DIE ongrondwetlike toekenning van sekere beheermagte aan die President van die Bank of Namibia (BoN) was gister een van die teregwysings aan wetgewers deur ie hoof uitvoerende beampte van die FNB-groep, adv. Vekuii Rukoro.
Wetsontwerpe ten opsigte van ... Lees meer |
|
12.3.2010 Kapofi hoop vir groter skare |  ONAFHANKLIKHEIDSVIERINGE is bedoel vir alle Namibiërs wat, vanuit ’n verlede van konflik en gewapende stryd, vandag verenig is in ’n nasie wat reeds vir 20 jaar in vrede en politieke stabiliteit saamleef.
Dit is die boodskap van die sekretaris tot die Kabinet, mnr. Lees meer |
|
12.3.2010 Nuus van 12 tot 18 Maart 1991 | • Die eerste verslae van plofstofdeskundiges is gisteraand steeds deur die polisie in Windhoek ingewag nadat twee beweerde Russiese MiG-stralers oor die noordgrens afgedwaal en fosforbomme in Caprivi op Namibiese grondgebied gegooi het.
• Altesame ... Lees meer |
|
11.3.2010 Wêreldklas forensiese laboratorium in wording | WETENSKAP is die sleutel waarmee die mees ingewikkelde misdade opgelos sal word en in die opsig gaan die Regering miljoene dollar in ’n hipermoderne forensiese laboratoriumkompleks in Windhoek belê.
Die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, dr. Nickey Iyambo, ... Lees meer |
|
11.3.2010 Premier vra vrede |  DIE Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, het gister in die Nasionale Vergadering (NV) toegetree tot die verkiesingsdebat en ’n beroep op opposisiepartye gedoen om hul hofgeding in die Hooggeregshof te laat vaar.
In ’n buitengewone toespraak ... Lees meer |
|
10.3.2010 ‘Julle verteenwoordig almal’ |  PRES. Hifikepunye Pohamba het enige iemand wat ’n verkiesing ongeldig wil laat verklaar, bevraagteken.
“Kan u u voorstel dat iemand wat weet dat die verkiesings goed afgeloop het, vra dat dit ongeldig verklaar word? Kan so iets gesê word deur ’n patriot? Lees meer |
|
10.3.2010 Swanu pak omstrede Christian |  DIE omstrede kwasiregsgeleerde, mnr. Hendrik Christian, is in die sop by sy politieke party vir onregmatige menings wat hy namens Swanu op skrif gestel het gedurende die afgelope hofgeding oor verlede jaar se verkiesingsuitslae.
Die party is besig met ’n ondersoek na mnr. Lees meer |
|
10.3.2010 Vrouedag: pleidooi vir gelyke pligte |  INTERNASIONALE Vrouedag is Maandag wêreldwyd gevier en me. Marlene Mungunda, Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, het verduidelik hoe vanjaar se tema “Gelyke regte, gelyke geleenthede” op Namibiese vroue betrekking het.
“Vanjaar ... Lees meer |
|
10.3.2010 Reiskoste vloei ook na goeie doel |  DIE presidentsvrou, me. Penehupifo Pohamba, het Donderdag saam met die Verenigde Nasies (VN) se sekretaris-generaal, mnr. Ban Ki-Moon en oudpresident Bill Clinton van Amerika die MASSIVEGOOD-inisiatief in New York bekendgestel.
MASSIVEGOOD is ’n ... Lees meer |
|
10.3.2010 Raadsvete lei tot Swapo-twis |  ’n VETE tussen ’n Swapo-raadslid, me. Sofia Jacobs, en die hoof uitvoerende beampte van die Aranos-dorpsraad, mnr. Niklaas Goraseb, het ’n verrassende nadraai gehad met die raadslid se man wat toe aan die kortste end trek.
Me. Jacobs het skriftelik vir die Minister van Streek- ... Lees meer |
|
10.3.2010 Gimmies rou oor maat se dood |  HONDERDE boodskappe is op ’n sosiale netwerkblad geplaas kort na die tragiese sterfte van die 17-jarige Mauritz du Toit in ’n motorfietsongeluk Maandagmiddag.
Mauritz was ’n graad 11-leerling aan Windhoek Gimnasium en sy sterfte word deur mede- ... Lees meer |
|
10.3.2010 Stampriet-hoë klou soos neet |  MEER as twee maande nadat die hoof uitvoerende beampte van Stampriet se kontrak verstryk het, klou sy soos ’n neet aan haar kantoor en weier sy om dit te ontruim.
Verlede jaar September het die dorpsraad besluit om me. Catherine Haimbodi se kontrak nie te hernu nie. Lees meer |
|
10.3.2010 Koolstofkrediete kan kragopwekking help |  DIE verhandeling van koolstofkrediete tussen ontwikkelde lande en die res van die wêreld wat steeds in die ontwikkelingsfase verkeer, kan daartoe lei dat projekte wat sowat 19 000 megawatt elektrisiteit kan opwek, in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsstreek van stapel gestuur kan word. Lees meer |
|
10.3.2010 Oupa sterf in reddingspoging | ’n TRAGEDIE het hom Sondag op Langstrand afgespeel toe ’n inwoner van Walvisbaai die see ingestorm het om sy kleinkinders te red en in die proses aan ’n hartaanval gesterf het.
Volgens sy dogter, me. Zanobia Johannes, het mnr. Moegamat ... Lees meer |
|
10.3.2010 Vissermanne hoop vir groter stokviskwota |  DIE Namibiese stokvisbedryf se oë is nou op die Visserye-adviesraad gerig met optimisme wat hoog vlam dat verhoogde toelaatbare vangste toegeken gaan word.
Die Minister van Visserye en Mariene Hulpbronne, dr. Abraham Iyambo, het hom reeds ten gunste van ’n verhoogde toekenning uitgespreek. Lees meer |
|
9.3.2010 Hage oor eerste 20 jaar |  TWINTIG jaar se stabiliteit na onafhanklikwording ná ‘n lang stryd om waardigheid en eer te wen asook die reg om self die leiers van die land te verkies en die land te ontwikkel, is geen klein prestasie nie.
Tog gaan die volgende twintig jaar groot uitdagings bied, ... Lees meer |
|
9.3.2010 Geld vir partye onder loep |  ‘n PROJEK om ondersoek in te stel na politieke finansiering onder die sambreel van die internasionale organisasie Transparency International, is verlede week in Windhoek bekendgestel.
Tydens ‘n slypskool wat deur die Namibiese Instituut vir Demokrasie (NID) aangebied is, ... Lees meer |
|
9.3.2010 Tuindorp se Katamila in November terug |  DIE man wat weens interne griewe uit Swapo geskors is in aanloop tot einde verlede maand se tussenverkiesing op Okahandja en wat uiteindelik as onafhanklike kandidaat gestaan het, mnr. Ben Katamila, sê sy naam gaan beslis in November se landwye plaaslike en ... Lees meer |
|
9.3.2010 Goliath sonder kroon |  DIE aanstelling van ’n hoofman vir die Goliath-faksie van die /Hai/ Khaua-stam van Berseba is die naweek op ’n stamvergadering in groot omstredenheid gedompel toe slim voetwerk van die voorsitter van die vergadering, die verloop daarvan totaal verander het. Lees meer |
|
9.3.2010 Dax weer op troon |  DIE Swapo-politburo het die besluite van die party se uitvoerende komitee van die Hardap-streek ten opsigte van die onttrekking van drie Swapo-raadslede op Rehoboth ongeldig verklaar en hulle bly dus aan in hul ampte.
Die komitee het verlede week besluit om die burgemeester, mnr. Lees meer |
|
9.3.2010 Ouers soek antwoorde vir Baumgartsbrunn |  DIE toekoms van Baumgartsbrunn se skool is in die weegskaal ná die ouers wat hul kinders daar ingeskryf het, gister besluit het om die skool “gyselaar” te hou tot tyd en wyl hul griewe deur ’n verteenwoordiger van die Minister van Onderwys aangehoor word. Lees meer |
|
9.3.2010 EPA: Namibië moet in óf uit | NAMIBIË en ander SADClidlande wat betrokke is by die ekonomiese vennootskapooreenkoms (EPA) tussen dié lande en die Europese Unie (EU), is ernstig oor die vingers getik oor die sloerdery met die afhandeling van interne prosedures om die ekonomiese vennootskap sy finale struktuur te gee. Lees meer |
|
8.3.2010 Oorspronklike kompasnaald moet Namibië rig |  “IS ons op die koers wat ons op 21 Maart 1990 uitgestippel het? Het ons spoed verloor? Is ons nog ewe dapper?” Hierdie was die kernvrae waarmee die Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, verlede week ’n debatreeks aan die rol gekry het oor waar ... Lees meer |
|
8.3.2010 Gee jou punt vir 20 jaar |  DIE Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, het met die wegspring van ’n reeks debatte oor die land se 20ste onafhanklikheidvieringe voorgestel dat elke inwoner self ’n punt gee vir waar Namibië vandag met betrekking tot belangrike politieke, maatskaplike, ... Lees meer |
|
8.3.2010 Nahas gee gestremdes hoop |  DIE bestuursraad van die Afrika Rehabilitasie-instituut (ARI) is tydens hul sitting in die stad aangemoedig om die gehalte van die lewens van mense met gestremdhede te verbeter. Die Eerste Minister, mnr. Nahas Angula (foto), het in sy openingsrede gesê die ... Lees meer |
|
8.3.2010 Regsman tree in bres vir blinde kollega |  GESTREMDE persone, veral blindes, kry nie altyd ’n gelyke kans nie. Dit is die mening van die blinde advokaat, mnr. Willem Bekker, veral ten opsigte van aanstellings. Hy het spesifiek verwys na nog ’n blinde regs - geleerde, adv. Lynita Con ra die (foto), ... Lees meer |
|
8.3.2010 Mbok bly in selle |  MNR. Antoine “Tony” Mbok, die omstrede Kameroense sakeman, het Vrydag op ’n klag van diefstal van sowat N$4 miljoen se staatsgeld ’n vlugtige verskyning in die Windhoekse landdroshof gemaak.
Mnr. Paulus Noa, direkteur van die Teenkorrupsie Kommissie (ACC), ... Lees meer |
|
8.3.2010 Ongeluk ontwrig spitsverkeer |  Omstanders moes die bestuurder van die luukse viertrekvoertuig wat laat Donderdagmiddag van die Hosea Kutako-rylaan in die hoofstad geloop en omgeslaan het, onder die wrak uitsleep. Die ongeluk het tydens die laatmiddag spitsverkeer voor die perseel van TransNamib ... Lees meer |
|
8.3.2010 NCCI pos Endjala | DIE noordelike tak van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) het verlede week ’n nuwe bestuur op die tak se jaarvergadering gekies. ’n Bekende in die boubedryf, mnr. Ben Zaaruka, as die nuwe voorsitter.
Mnr. Zaaruka het 50 stemme verwerf teenoor die 13 van mnr. Lees meer |
|
8.3.2010 Libby neem afskeid op Uitkomst |  DIE sosioëkonomiese ontwikkeling van ’n groep San-mense wat op die plaas Uitkomst naby Otjizondo hervestig is, het ’n hupstoot in die vorm van ’n skenking van kleinvee gekry. Die Ministerie van Landbou het 56 bokke wat op die navorsingsplaas met dieselfde naam geteel is, ... Lees meer |
|
8.3.2010 Nog ’n NaTIS-oeps… |  Al gehoor van iemand wat ’n reusagtige oopbakvragmotor vir ’n ritstjor aangesien het? Nadat ’n Namibiese vervoerbeampte se Namlish-spelling van “fork lift” onlangs die hele wêreld aan die lag gehad het, het ’n leser van Republikein ’ ... Lees meer |
|
8.3.2010 Baba verdrink in plaasswembad | ’n MEISIE van skaars 15 maande het die verlede week op ’n plaas buite Kamanjab verdrink. “Skaars ’n baksteen hoog en nog maar eintlik ’n baba”, word klein Jessie (Jesica) Louw deur vriende beskryf. Jessica het Dinsdag aanvanklik ... Lees meer |
|
8.3.2010 Seun doodgery | ’n ELFJARIGE seun het Saterdagaand in die staatshospoitaal op Walvisbaai gesterf aan beserings wat hy opgedoen het toe hy in die dorp se sakesentrum op straat deur ’n motor getref is.
Sergio Seibeb is in ’n bedenklike toestand deur die ambulansdiens St. Lees meer |
|
8.3.2010 Mynwag skiet kollega met haelgeweer | ’n STRYERY tussen twee sekuriteitswagte gisteroggend by ’n myn buite Windhoek, het gelei tot die hospitalisering van een nadat hy deur sy kollega geskiet is. Vrae hang steeds in die lug oor wat werklik gebeur het. ’n Sekuriteitswag is gisteroggend ... Lees meer |
|
8.3.2010 Reën druk Zambezi se vlakke al hoër |  DIE verwagting dat die Zambezirivier by die Katima Mulilo-meetstasie teen middel Maart na meer as sewe meter sal styg, blyk nie vergesog te wees nie, te oordeel aan ’n styging oor die naweek wat die riviervlak tot 6 m verhoog het. Meer as 100 mm reën ... Lees meer |
|
8.3.2010 Laaste plase vandag oop | DIE laaste van die twintig plase wat op versoek van die polisie deur die direktoraat veeartsenydienste gesluit is ter wille van die ondersoek na die doen en late van die vermeende beesdiefstal-sindikaat wat in die Otjozondjupa-streek bedrywig was, gaan vandag oopgestel word. Lees meer |
|
8.3.2010 Orde ondersoek Bennie Venter | DIE onlangse Hoërhof-uitspraak waarin Regter Sylvester Mainga vir mnr. Bennie Venter van Gobabis weens sy “oneerlikheid” geroskam het nadat hy ’n verkooptransaksie met plase laat lyk het na ’n leningsooreenkoms om die Wet op Grondhervorming te omseil, ... Lees meer |
|
8.3.2010 Opposisie veg voort | DIE land se hoogste hof gaan versoek word om nege opposisiepartye se mislukte aanslag op die geldigheid van verlede jaar se verkiesingsuitslae in heroënskou te neem.
Agt van die aansoekers het Vrydag ná ’n vergadering met hul regslui eenparig besluit ... Lees meer |
|
|