24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

26.02.2010

Imbili vs Jacobs: Kawana sê vandag

© Republikein
Mnr. David Imbili, voorsitter van die Namibiese Kommuni-kasiekommissie.
DIE waarnemende Prokureurgeneraal, dr. Albert Kawana, moet vandag die kastaiings uit die vuur krap ten opsigte van die implementering van die Kommunikasiewet nadat ’n bykomende direksie benewens die direksie vir die Namibiese Kommunikasiekommissie, onder voorsitterskap van mnr. David Imbili, aangestel is.

Die Kabinet het teen die einde van verlede jaar die direksie vir Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië (CRAN) aangestel vir ’n termyn van drie jaar om die NCC-direksie te vervang.

“Sover my kennis strek, is ek nog die voorsitter van die NCC-direksie en sal dit bly totdat die nuwe Kommunikasiewet in werking gestel word,” het mnr. Imbili aan Republikein gesê.

Die voorsitter van CRAN, mnr. Lazarus Jacobs, wou nie oor die kwessie kommentaar lewer nie en het net gesê dat die Kabinet hom in die posisie aangestel het.
© Republikein
Mnr. Lazarus Jacobs, voorsitter van die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië.
Die Minister van Inligting en Kommunikasietegnologie, mnr. Joël Kaapanda, het bevestig dat hy vandag met dr. Kawana samesprekinge oor die nuwe wet gaan voer.

“Daar moet bepaal word hoe die wet geïmplementeer word en wat die prosedures sal wees. Die wet is al gepromulgeer, maar ’n aankondiging moet in die Staatskoerant verskyn oor watter hoofstukke daarvan in werking gestel gaan word,” het mnr. Kaapanda aan Republikein gesê.

Voorts het die Minister daarop gewys dat die CRAN-direksie wetlik nog geen magte het nie en dat mnr. Imbili reg is om te sê dat hy nog die voorsitter van die NCCdireksie is.

“Eers wanneer die wet in werking tree, sal CRAN magte kry. In die tussentyd gaan die direksielede van CRAN reeds Maandag vir ’n week ’n induksiekursus oor die Kommunikasiewet kry sodat hulle sal weet wat die regte optrede is sodra die wet in werking tree,” het mnr. Kaapanda gesê.

Hy het daarop gewys dat die hoofstukke van die wet geleidelik geïmplementeer gaan word en dit blyk dat die spioen- en meeluister- hoofstuk laaste in werking gestel gaan word, moontlik eers in Augustus.