24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

28.09.2009

Ietermago se spook dwaal steeds


Mnr. Johan de Waal
MNR. Johan de Waal, voorsitter van die DTA van Namibië, het onlangs op ’n mediakonferensie sy ontevredenheid uitgespreek dat die Minister van Binnelandse Sake en Immigrasie, me. Rosalia Nghidinwa, skotvry daarvan afgekom het nadat sy ’n ietermago by haar huis Cimbebasia aangehou het.

“Niemand word toegelaat om ’n ietermago sonder die nodige permitte aan te hou nie,” het mnr. De Waal gesê.

Die ietermago het, met net broodkrummels om te vreet, na byna ’n week van aanhouding by die Minister se huis gevrek.

Volgens mnr. De Waal het die Ministerie van die Omgewing en Toerisme gesê dat geen klag teen die Minister ingedien sal word nie, omdat sy “in goedertrou opgetree het en dat dit geensins haar bedoeling was om die dier skade te berokken nie”.

Die voorsitter van die DTA is van mening dat die Minister eerder in ’n hof moet gaan verduidelik waarom sy in besit van die ietermago was en dat die hof eerder as die Ministerie, moet besluit of Minister Nghidinwa skuldig is of nie.

“Hoekom is daar twee stelle van regspleging? As jy nie die regte mense ken nie, land jy in die hof, maar in ander gevalle en met die regte konneksies tree jy in goedertrou op,” het mnr. De Waal gevra.

Hy het verder aangevoer dat indien die DTA aan bewind kom, wysigings aan wetgewing aangebring sal word om wilddiefstal waarvan die strawwe verouderd is, op dieselfde vlak as dié van veediefstal te bring.

“Mense steel wild en word nie genoeg daarvoor gepenaliseer nie,” het hy gesê.

Mnr. De Waal het afgesluit en genoem dat niemand tegelykertyd ’n wetmaker en ’n wetbreker kan wees nie.