24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.03.2010

Huurarbeid: wetgewing moet beskerming bied

© Republikein
Mnr. Immanuel Ngatjizeko
DIE slepende omstredenheid rondom huurarbeid in Namibië gaan vanjaar ’n nuwe wending neem ná wye ontevredenheid oor die Hooggeregshof se uitspraak verlede jaar in die guns van arbeidverhuurders en die instansies wat werkers huur.

Die jongste toedrag van sake het Woensdag tydens ’n paneelbesprekingsaand oor arbeidsverhuring deurgeskemer in ’n toespraak van die Minister van Arbeid en Maatskaplike Welsyn, mnr. Immanuel Ngatjizeko.

Die geleentheid by die Politegnikum se hotelskool is deur die Friedrich Ebert Stiftung gereël. Die tafel is reeds voorberei om die kwessie prominensie te gee deurdat die Kabinet in sy eerste vergadering van 2010 in beginsel die voorstel van die Ministerie van Arbeid en Maatskaplike Welsyn aanvaar het om verdere wetgewing op te stel wat die belange van die Regering, die vakbonde en uiteindelik die werkersklas dien.

Daarvolgens sal “huurarbeid” so omskryf word om net van toepassing te wees op werkers in die huurarbeidstelsel soos dit oor die algemeen verstaan word, en nie op subkontrakteurs en onafhanklike kontrakteurs nie.

Voorts sal die posisie van seisoenale en tydelike werkers duidelik uitgespel word.

Om egter beskerming te gee aan werkers in “verbloemde of driehoekige” werksverhoudings wat in die arbeidshuurstelsel heers, sal die Minister daarvolgens die mag hê om deur middel van regulasies die werksverhoudinge uit te spel, ongeag of na die persoon wat hierdeur geraak word verwys word as ’n werker, ’n diensvoorsiener of ’n onafhanklike kontrakteur.

Beide die maatskappy wat werkers uithuur of die maatskappy wat sulke werkers in diens neem, sal daarvolgens as werkgewers van huurarbeiders beskou word en sal gesamentlik of afsonderlik verantwoordelik gehou word om die Arbeidswet te gehoorsaam.

Dit beteken in kort dat die sogenaamde huurarbeiders onder andere dieselfde regte en regsmiddele teenoor maatskappye moet hê as werkers in ander sektore, insluitend beskerming teen onregverdige afdanking, en dat die basiese werkvoordele in die Arbeidswet geld.

Ander verskanste regte moet wees om vakbonde by werkplekke te organiseer en om kollektief onderhandelinge met die maatskappy, die arbeidsverhuringsmaatskappy of beide te kan voer. Ander wysigings wat die Kabinet goedgekeur het:

• Huurarbeiders se vergoeding mag nie minder vir dieselfde werk as ander werknemers binne dieselfde maatskappy of by verwante werkverskaffers beloop nie.

• Die werkers sal geregtig wees op skriftelike werkskontrakte met die verteenwoordigers van die arbeidsverhuringsondernemings asook met die maatskappye vir wie hulle gaan werk.

• Dit sal nie toegelaat word dat huurarbeiders gebruik word tydens ’n staking of wanneer stakende werkers die perseel sluit, of wanneer permanente werkers afgedank word nie.

• Die Minister sal die mag hê om die praktyk van arbeidsverhuring in sekere sektore of kategorieë van werkgewers of werknemers te verbied. Die Minister sal ook by magte wees om volgens sy diskresie vrywaring buite die gewone huurarbeidsbepalings te verleen.

• Die Minister sal wye magte hê om regulasies te promulgeer rakende die implementering van die bogenoemde bepalings.