24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.02.2012

Winkelkassiere uit op borg

AGT vroue wat die week in die hof op Rundu verskyn het en teregstaan op klagte van bedrog of alternatiewelik diefstal, is elk borg van N$7 000 toegestaan. Mee. Clementine Otto (24), Angela Ntambanga (31), Olga Nkandanga (22), Isabella Fransisco (32), Kabinda Tjameya (32), Theresia Kapitia (23), Rosina Kanyumara (31) en Theresia Lyambayi (23) is verlede week in hegtenis geneem nadat hulle blykbaar die Woermann Brock Oceano Atlantic Supermark van meer as N$204 000 besteel het.

Volgens die klagstaat het die beskuldigdes as kassiere by die supermark gewerk en saamgespan toe een van hulle die opsigter se kodekaart in die hande gekry het na dit as vermis aangemeld is. Hulle het die kaart gebruik om geld uit die kasregister te steel onder die voorwendsel dat dit aan klante uitbetaal is wat goedere teruggebring het.

Dit is onduidelik hoe lank die sindikaat met sy bedrywighede aan die gang was. Tydens die vroue se vlugtige hofverskyning het die landdros, me. Helena Boluwade, borgtog toegestaan en die saak tot 17 April vir verdere ondersoek uitgestel. Die agt vroue verdedig hulself met me. Nafimane Halweendo wat namens die staat optree.
– Nampa