24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.01.2012

Verkragting: pa pleit onskuldig

“ONS indruk was dat die baba fisies en seksueel mishandel is.”

So het die mediese verslag van die 5-maande oue babaseuntjie gelees wat na bewering saam met sy tweelingsussie deur hul pa op 10 Junie 2007 op Karibib verkrag is. Die seuntjie het as gevolg van sy wonde agt dae daarna in die staatshospitaal op Usakos beswyk.

Die beskuldigde het verlede week op twee klagte van verkragting en een klag van moord, asook drie klagte van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed aan te doen, voor Regter Naomi Shivute onskuldig gepleit.

Volgens dr. Jean-Paul Ilunga Musasa, die hoof mediese beampte van die Usakos staatshospitaal ten tyde van die voorval, het hy die seuntjie twee dae na die beweerde voorval behandel.

In sy mediese verslag het hy aangedui dat die seuntjie ʼn kneusplek op sy onderlip, asook verskeie kneuse oor sy bors en albei elmboë gehad het. Hy het ook ʼn krapmerk op sy linkerbobeen opgemerk. Op die kind se regterhand en al sy vingers het Musasa bytmerke waargeneem wat van ʼn mens afkomstig is.

Verder het hy ook opgemerk dat die seuntjie se skrotum en anus rooi was en verskeie klein wonde opgemerk wat deur ʼn stomp voorwerp veroorsaak is.

Musasa voer aan dat die seuntjie op 13 Junie in ʼn stabiele toestand was. Op 17 Junie het hy egter diarree gehad, nie goed geëet nie en is uiteindelik die volgende oggend teen halfvyf as gevolg van longprobleme en bloeding op die brein oorlede.

Die 27-jarige beskuldigde het na bewering op 10 Junie 2007 sy houvrou aangerand waarna sy uit die huis gevlug het en die tweeling in die sorg van die man gelaat het.

Hy het na bewering gedurende die tyd albei die babas verkrag, waarna hy die babaseuntjie op die vloer gegooi en hom oor sy liggaam en kop geslaan het.

Mnr. Vetu Uanivi verteenwoordig die beskuldigde, terwyl me. Ethel Ndlovu namens die staat optree.

Vanweë die die media se wetlike verpligting om minderjariges se identiteit te beskerm, mag die pa se naam ook nie vermeld word nie.