24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

26.02.2010

Verhoor van vermeende moordenaar begin

© Republikein
Wyle mnr. Awie Brand
DIE 23-jarige Ephraim Kariko wat teregstaan op die moord op mnr. Awie Brand (58), voormalige joernalis en restauranteienaar van Walvisbaai, se verhoor het Dinsdag in die Hoërhof voor Waarnemende Regter Alfred Siboleka ’n aanvang geneem.

Mnr. Brand is op Saterdagoggend 21 Junie 2008 in ’n pakkamer van sy restaurant in Walvisbaai, Die Restaurant, dood aangetref. Hy is na bewering die vorige aand met ’n swaar voorwerp oor die kop geslaan en daarna na die pakkamer gesleep en daar toegesluit.
Die polisie het die slot oopgebreek om toegang tot die kamer te kry, nadat mnr. Brand nie die Vrydagaand huis toe gekom het nie en nóg sy vrou, Jeanine nóg sy dogter Myrna hom in die hande kon kry.

Volgens inligting het Kariko voorheen as kelner in Die Restaurant gewerk.
Hy het Dinsdag in die hof beweer dat mnr. Brand se dood die gevolg was van sy optrede ter selfverdeding. In Kariko se pleitverduideling getuig hy dat hy mnr. Brand twee of drie keer oor die kop geslaan het met ’n houtvoorwerp en hom ook in ’n stadium van hom af weggestamp het en dit het veroorsaak dat mnr. Brand geval het.

Hy het onskuldig gepleit op die klagte van moord en roof met verswarende omstandighede, maar het erken dat hy op die moordtoneel was op die aand van 20 Junie2008, die aand toe mnr. Brand gesterf het.

Kariko het ook erken dat hy mnr. Brand se lyk na die pakkamer van Die Restaurant gesleep en daar toegesluit het. Hy ontken dat hy mnr. Brand wederregtelik en doelbewus doodgemaak het.

Kariko het ontken dat hy mnr. Brand beroof het, maar hy het erken dat hy ’n Hyundai-motor, die motorsleutels, ’n selfoon en N$800 kontant gesteel het.

Kariko se broer, Winnie Kariko, is Woensdag geroep om te getuig. Hy het getuig dat sy broer laat die Vrydagaand van die moord by hom opgedaag het en hom gevra het om ’n plastieksak met bloedbevlekte klere en skoene weg te gooi.

“Ek het die sak, waarin skoene en ’n denimbroek was, in die asdrom gegooi. Hy het baie bang en deurmekaar gelyk. Ons het uitgegaan om te gaan kuier en eers vroeg die volgende oggend teruggegaan huis toe.”

Die polisie het die volgende dag vir Kariko in hegtenis geneem en die gesteelde goedere, asook die klere en skoene is gevind. Winnie het getuig dat hy die gesteelde selfoon ook aan die polisie oorhandig het.

In die hof is die skoene, wat as bewysstukke dien, aan Winnie gewys om te identifiseer. Hy het dit as sy broer s’n geïdentifiseer, maar toe hy gevra is om die skoene uit die plastieksak te verwyder en te bestudeer, wou hy nie. Hy wou nie aan die bloedbevlekte skoene raak nie, maar het getuig dat die bewysstukke wat hy moes uitken, wel aan sy broer Ephraim behoort.

Kariko word verteenwoordig deur mnr. Jan Wessels, terwyl adv. Ethel Ndlovu as staatsaanklaer optree. Die verhoor duur voort.