24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.09.2010

Uitspraak van kiesappél vandag

GROOT afwagting heers vir die uitspraak wat die Hooggeregshof om tienuur vanoggend in die verkiesingappèlsaak sal lewer.

In ’n verklaring maan die Congress of Democrats (CoD) politieke leiers tot politieke volwassenheid en verdraagsaamheid, voor en ná die uitspraak.

“Die nasie wag vir die uitspraak en dit is baie belangrik dat die hoof rolspelers politieke verdraagsaamheid aan die dag lê. Die Namibiese Grondwet maak voorsiening vir die bindendheid van besluite van die Hooggeregshof op alle mense in die land en ons doen dus ’n beroep op alle Namibiërs om, watter uitspraak die Hooggeregshof ook al mag lewer, dit te respekteer.

“Die CoD doen ook ’n beroep om alle Namibiërs om hulle van kleinlike politiekery en naamnoemery asook beledigings te weerhou. Veel eerder moet almal ter verdediging van die land se regsbank verenig, wat ook al die uitslag.

“Die onafhanklikheid van die regsbank is ’n hoeksteen van ons nasie se grondwetlike demokrasie en ons moet dit jaloers beskerm,” lui die verklaring.

Die CoD hervestig ook sy volkome en onvoorwaardelike vertroue in die land se regbank en doen ’n beroep op sy lede, ondersteuners en simpatiseerders asook alle vredeliewende Namibiërs om die uitspraak van die Hooggeregshof te aanvaar.

“Die harde werklikheid is dat nie alle Namibiërs met die uitspraak sal saamstem nie, maar ter verdediging van ons grondwetlike demokrasie is dit belangrik dat die mening van die Hooggeregshof gerespekteer moet word,” lui die verklaring.

Die CoD gee ook die versekering dat dié party die hof se beslissing sal aanvaar. ’n Aggressiewe veldtog om verkiesingshervormings in die land teweeg te bring sodat vrye en regverdige verkiesings in die toekoms gehou kan word, sal ook nou deur die party gevoer word.

Mnr. Adam Isaak van die Demokratiese Party van Namibië (DPN) sê hierdie verkiesingsaak het die Namibiese regstelsel tot die uiterste getoets. Hy is dit eens met die CoD dat die uitspraak deur almal aanvaar moet word.

“Ons sit met verwagtinge en ek wil nie die uitspraak vooruit loop nie. Ons het ’n wag-en-sien houding. Al kom die uitspraak bietjie laat na ons sin, is dit uiteindelik op hande. “Kiesers op voetsoolvlak het al moedeloos geword en aangedui dat hulle nie moeite gaan doen om in die komende verkiesings vir lede van streekrade en plaaslike owerhede te stem nie.

“As party vertrou ons die regbank en ons maan ons landsburgersom die uitspraak te respekteer,” het mnr. Isaak gesê.

Mnr. Libolly Haufiku van die Rally for Democracy and Progress (RDP) wou geen kommentaar lewer nie, maar het aangedui dat die RDP en die Republikeinse Party (RP) na afloop van die hof se uitspraak ’n gesamentlike nuuskonferensie sal toespreek.

Die aanduidings is daar dat die twee partye ’n samesmelting kan aankondig.

Die Hooggeregshof sal vandag sê of die besware van die opposisie teen die uitslag van die November 2009 verkiesings vir lede van die Nasionale Vergadering, aangehoor moet word of nie.

Die appèl is in Mei na die Hooggeregshof gebring nadat Regterpresident Petrus Damaseb en Regter Collins Parker vroeër in die Hoërhof die saak wat nege opposisiepartye aanhangig gemaak het en waarin hulle beweerde growwe verkiesingsongerymdhede uitgewys het, verwerp het op grond daarvan dat die hofstukke ’n uur en ’n half ná die sluiting van die registrateur se kantoor ingedien is.