24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.08.2010

Uitslag van appèlaansoek moet wag

© André le Roux
Mnr. Simon Nama Goabab
DIE staat sal tot 6 September moet wag voordat Regter Marlene Tommasi ‘n aanduiding sal gee of daar teen haar bevinding om die voormalige sekretaris van die Nasionale Vergadering (NV), mnr. Simon Nama Goabab, en sy medebeskuldigde, mnr. Abraham John George, kwyt te skeld op die hoofklagte van korrupsie, geappelleer kan word.

Beide beskuldigdes se aansoek om aan die einde van die staat se saak onskuldig op alle klagte bevind te word, was verlede week gedeeltelik suksesvol toe Regter Tommasi bevind het dat die bepalings van die Teen-Korrupsie Wet nie op die twee se gedrag van toepassing is nie.

Mnre. Goabab en George, die voormalige hoofrekenmeester verbonde aan die NV, moet nou slegs op klagte van bedrog, diefstal en die onregmatige gebruik van ‘n staatsvoertuig antwoord. Die klag hou verband met die huur van private motors van Budget Rent a Car gedurende 2007.

Mnr. Goabab het ten tye van die huur van die motors ‘n motortoelaag van die staat ontvang. Mnr. George sou glo in samewerking met mnr. Goabab opgetree het om die onwettige transaksies te fasiliteer.

Mnr. Orben Sibeya het in sy betoog dat verlof vir appèl toegestaan moet word, aangevoer die staat is oortuig dat die Hooggeregshof sal bevind die beskuldigdes se optrede is wel deur die Teen-Korrupsie Wet gekriminaliseer en dat dit nie sin maak dat hulle verder op die alternatiewe klag van bedrog moet antwoord nie, en nie meer op die hoofklag van korrupsie nie.

Volgens mnr. Sibeya sal so ‘n benadering tot uiterse verwarring lei aangesien beide die hoof-en alternatiewe klagte in noue verband tot mekaar staan.

Mnr.Sibeya het verder betoog dat daar ‘n redelike kans op sukses is dat ‘n appèlhof tot ‘n ander interpretasie van die toepaslike wetgewing en regsbeginsels sal kom.

Mnr. Lucious Murorua wat namens mnre. Goabab en George verskyn het, het nie die aansoek teengestaan nie. Beide mans is vry op borg.