24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.01.2012

Teko-trio: Saak weer uitgestel

© Republikein
REGTER Alfred Siboleka het in die Hoërhof die saak van die Teko-trio wat van die multimiljoendollar bedrogsaak by die Ministerie van Finansies beskuldig word, tot 11 April uitgestel.

Die drie beskuldigdes is me. Teckla Lameck, haar vennoot, mnr. Jerobeam Mokaxwa en die Chinese burger, mnr. Yang Fan. Hulle het na bewering die Ministerie mislei om N$120 miljoen aan die Nuctec-maatskappy van China vir die vervaardiging en lewering van X-straalmasjiene te betaal.

Siboleka het die saak uitgestel op versoek van die beskuldigdes se prokureurs, hangende die Hoërhof-uitspraak waarin hulle die grondwetlikheid van hul inhegtenisneming deur die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) in 2009 bevraagteken.

In die aansoek voer hulle aan dat die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA) in sy geheel ongeldig verklaar moet word weens die feit dat die Minister van Justisie, me. Pendukeni Iivula- Ithana, ten tyde van die wet se inwerkingtreding in April 2009, nie kragtens die Grondwet regmatig aangestel was om tegelykertyd as Minister van Justisie en Prokureur-generaal te dien nie. Sy was dus glo nie by magte om die POCA te promulgeer nie weens die feit dat die Grondwet nie daarvoor voorsiening maak dat sy in beide poste gelyktydig kon dien nie.

Die beskuldigdes word van 18 klagte van bedrog, diefstal en oortreding van beide die Teenkorrupsiewet en die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad aangekla.

Die Namibiese beskuldigdes is elk op borg van N$50 000, terwyl Yang op borg van N$1 miljoen in 2009 vrygelaat is.

Mnre. Sisa Namandje en Stuan Horn het namens die beskuldigdes opgetree terwyl staatsadvokaat Ed Marondedze die staat namens adv. Danie Small verteenwoordig het.