Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

Sterilisasie-eis hervat

DIE opspraakwekkende saak waarin drie gesteriliseerde MIV-positiewe vroue die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste vir N$1,2 miljoen elk dagvaar, is gister voor Waarnemende Regterpresident Elton Hoff in die Hoërhof hervat.

Die drie vroue voer aan dat hulle sonder hul toestemming of medewete weens hul MIV-status gesteriliseer is na hulle die laaste keer geboorte geskenk het.

Die derde eiseres is gister deur haar regsverteenwoordiger, adv. Dave Smuts, SC, as getuie geroep. Sy het getuig dat sy tans 44 jaar oud is en die ma van ses kinders tussen die ouderdomme van 5 jaar tot 27 jaar is. Die eiseres het verder getuig dat sy graad 7 op skool behaal het en ongetroud is en tot en met haar laaste swangerskap agt keer verwagtend was.

Sy het in 2002 van haar MIV-status bewus geword. In 2005 het sy haar jongste kind verwag. Drie maande na sy swanger geword het, het komplikasies ingetree wat haar na die Katutura-staatshospitaal laat gaan het. Sy was in pyn en wou ter wille van haar gesondheid die swangerskap beëindig.

Hier is dit aan haar verduidelik dat kragtens Namibiese wetgewing dit nie moontlik sou wees om die swangerskap op so ’n laat stadium te beëindig nie. Adv. Smuts het dit aan haar gestel dat inskrywings op haar gesondheidspaspoort gemaak is wat aandui dat ’n keisersnee en gevolglike sterilisasie aan haar verduidelik is.

Die eiseres het dit ontken.

Met die eiseres se bevalling in Oktober 2005 is sy weer eens na Katutura staatshospitaal. Na haar opname is sy glo aangesê om vorms te onderteken. Hoewel sy haar naam op die vorms herken het, kon sy nie aan die hof sê vir watter doeleindes sy dit moes onderteken nie.

“Ek was in ontsaglike pyn en die verpleegsteer het net aan my in Afrikaans gesê ‘Skryf, skryf, teken, teken, mevrou,” het die eiseres getuig.

Sy het verder gesê dat sy geglo het sy ’n natuurlike geboorte sou hê en dat sy geen benul gehad het van wat ’n keisersnee behels nie. Na afloop van die keisersnee het sy in die hospitaalkamer gehoor hoe die verpleegsters in Oshiwambo met mekaar praat en na haar verwys het as een van die vroue wat gesteriliseer is.

Op ’n vraag van adv. Smuts oor hoe sy oor die sterilisasie voel, het die eiseres geantwoord: “Ek voel nie goed hieroor nie en dit het verskriklike pyn tussen my en my lewensmaat veroorsaak. My lewensmaat het geglo ek het dit [sterilisasie] in geheimhouding gedoen. Hoe sal enige iemand in die toekoms met my wil trou?”

Adv. Esi Schimming-Chase wat die Regering verteenwoordig, het in kruisverhoor dit aan die eiseres gestel dat sy wel gedurende voorgeboorteklasse van sterilisasie en ander vorme van voorbehoedmetodes ingelig is.

Hierop het die eiseres geantwoord: “By die klasse is net aan ons gevra hoekom ons nog kinders wil hê terwyl ons MIVpositief en oud is.”

Adv. Smuts wat in opdrag van die Regshulpsentrum optree, word deur adv. Natasha Bassingthwaigte bygestaan.

Die verhoor duur vandag voort.