24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent

Gene Travers

Market indicators

23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Shaduka is skuldig

© Republikein
Lazarus Shaduka
DIE voormalige hoofbestuurder van eiendomme van die Windhoek munisipaliteit en gewese vooraanstaande vakbondleier, Lazarus Shaduka, is deur Regter Kato van Niekerk op die klag van strafbare manslag en ook op ’n tweede klag van ’n poging om die regsproses te verydel, skuldig bevind.

Mnr. Shaduka, die man wat daarvan beskuldig is dat hy sy vrou, Selma Shaimemanya, gedurende Julie 2008 in hul woning in BC Barnesstraat doodgeskiet het, is egter nie op die hoofklag van moord skuldig bevind nie.

Die vreemde omstandighede waaronder me. Shaimemanya destyds in haar woning in Klein-Windhoek van agter in die rug geskiet is, het tot die klag van moord gelei.

Mnr. Shaduka se optrede na die voorval en tydens sy inhegtenisneming het veroorsaak dat hy van regsverydeling aangekla is.

Tydens haar uitspraak het Regter Van Niekerk ten opsigte van die hoofklag van moord daarop gedui dat die vraag of die veroordeelde sy vrou met opset doodgeskiet het, duidelik tydens die verhoor uitgelig is.

“Watter vorm moet die fout aanneem? Is die dood van die oorledene met opset veroorsaak of het die oorledene as gevolg van nalatigheid met die vuurwapen van mnr. Shaduka gesterf?”

Die Regter het verskeie aantygings verwerp wat in die veroordeelde se verklarings en tydens die hofverrigtinge gemaak is, maar bevind dat sekere aspekte daarvan ooreenstem met die menings van deskundiges wat in die saak getuig het.

Sy was voorts van mening dat die staat op skrapse getuienis moes staatmaak om die moordaspek van die klagstaat te bewys en tot die slotsom gekom dat opset nie bo enige redelike twyfel bewys is nie.

Regter Van Niekerk het bevind dat die optrede van die veroordeelde na die feit dat sy vrou geskiet is, alles daarop dui dat die daad nie met opset gepleeg is nie. Shaduka gesterf?”

Die Regter het verskeie aantygings verwerp wat in die veroordeelde se verklarings en tydens die hofverrigtinge gemaak is, maar bevind dat sekere aspekte daarvan ooreenstem met die menings van deskundiges wat in die saak getuig het.

Sy was voorts van mening dat die staat op skrapse getuienis moes staatmaak om die moordaspek van die klagstaat te bewys en tot die slotsom gekom dat opset nie bo enige redelike twyfel bewys is nie.

Regter Van Niekerk het bevind dat die optrede van die veroordeelde na die feit dat sy vrou geskiet is, alles daarop dui dat die daad nie met opset gepleeg is nie.