Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

15.03.2010

Senior hoofman word van bloedskande beskuldig

’n SENIOR hoofman van die Ondangwa- stam wat na bewering reeds meer as 200 kinders verwek het, is weer in die nuus, hierdie keer weens beweerde bloedskande, verkragtings, ontvoering en aanranding met die doel om liggaamlike leed aan te doen.

Die 67-jarige mnr. Tileinge Hapulile, ’n senior hoofman van die Ondonga-stam, is ’n bekende poligamis en vader van meer as 200 kinders. In die klagstaat wat die staat teen hom geopen het, word onder meer beweer dat hy die afgelope jare in ’n liefdesverhouding met een van sy eie dogters gewikkel is en dat hy ’n niggie ontvoer en haar sonder haar toestemming tot ’n troue gedwing het.

Klaers in die saak is hoofsaaklik hoofman Hapulile se vroue en kinders. Hoofman Hapulile is onlangs deur die polisie in hegtenis geneem en het reeds in die hof op Ondangwa verskyn waar landdros Mika Namweya aan hom borgtog van N$5 000 toegestaan het.

Mnr. Sisa Namandje het vir die beskuldigde opgetree, terwyl adjunk-aanklaer-generaal Henock Haindobo die staat se saak behartig het. Die saak is tot 31 Maart uitgestel. Hapulile was in ’n stadium met meer as 20 vroue gelyktydig getroud, van wie een na bewering sy eie dogter is.

Hy het nou aan die hof gesê dat hy op die oomblik met net vier vroue getroud is. Hapulile is die hoofman van die Onainghundudu-nedersetting en is die eienaar van verskeie tradisionele huise.

Koning Immanuel Kauluma Elifas van Ondonga moes in 2005 Hapulile se aanwysing as senior hoofman van die Onalusheshete-distrik op die nippertjie terugtrek ná gewelddadige protes teen sy inhuldiging wat die polisie gedwing het om ’n plofbare situasie te ontlont.

Behalwe dat inwoners blykbaar ontevrede was oor ’n hoofman wat op hulle “afgedwing” was, het nedersettings soos Ekoka in die Onalusheshete-distrik, die Oukwanyama-owerheid as hul stamowerheid beskou.