24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

9.03.2010

Ritter-saak teen Namfisa vandag in hof

© Republikein
Mnr. Rainer Ritter
DIE slepende regsgeding tussen Namfisa en sy voormalige hoof uitvoerende beampte, mnr. Rainer Ritter, oor ’n betaling wat hom ingevolge ’n gewraakte skikkingsooreenkoms verskuldig is, keer weer vandag terug na die Hoërhof.

Ofskoon mnr. Ritter en sy regspan reeds in Augustus verlede jaar ’n vonnis by verstek teen Namfisa verkry het, het die waghondliggaam vir die finansiële bedryf in ’n kennisgewing van mosie gevra dat die vonnis tersyde gestel word.

Mnr. Ritter staan die aansoek teen. Mnr. Ritter het Namfisa vroeg in Julie verlede jaar gedagvaar toe dit blyk dat sy voormalige werkgewer nie voornemens is om die skikking te eerbiedig wat in Mei tussen die twee partye bereik is nie.

Namfisa het in Maart verlede jaar aangekondig dat hy mnr. Ritter uit sy pos ontslaan hangende ’n dissiplinêre ondersoek teen hom. Die klagte teen hom was die gevolg van ’n forensiese ondersoek deur Ernst & Young ná sekere ongerymdhede waarop mnr. Ritter na bewering by Namfisa afgekom het.

Mnr. Ritter het in ’n stadium selfs vir sy lewe gevrees en was vir 24 uur per dag onder polisiebewaking. Sy dissiplinêre verhoor het op Maandag 11 Mei begin en geduur tot Donderdag 14 Mei toe die skikkingsooreenkoms bereik is.

Namfisa het egter daarna ontken dat so ’n ooreenkoms ooit bereik is en het volgehou dat die dissiplinêre optrede teen hom nooit afgehandel is nie.

Die Ritter-regspan het kort daarna wéér stukke op Namfisa beteken – dié keer vir ’n aansoek om ’n summiere vonnis vir die meer as N$800 000 wat sy voormalige werkgewer hom ingevolge die ooreenkoms skuld. Die Hoërhof het kort daarna in mnr. Ritter se guns beslis.