29.07.2010 Reuse-skare drom saam by hof, eis moordenaar se kop
’n GROOT skare drom by die Katutura landdroshof saam in afwagting van die verskyning van die verdagte in die moord- en verkragtingsaak van die 17-jarige skoolmeisie Magdalena Stoffels.
’n Versoekskrif is vanoggend deur studente van die Universiteit van Namibië aan die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, oorhandig waarin onder meer aansienlik strenger optrede geëis word teen diegene wat hulle aan geslagsmisdade skuldig maak.
Die petisionarisse in die skare dring ook aan dat geen borgtog aan die vermeende moordenaar toegestaan word nie.
|