24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

30.01.2012

Reisagent se saak uitgestel

© Republikein
NADAT getuienis in die streekhof afgelê is, blyk dit dat die eienaar van die reisagentskap Welwitschia Travels, me. Debbie Louw, wat op 73 klagte van bedrog teregstaan, nie toestemming by die nasionale lugredery Air Namibia gehad het om sekere vlugkaartjies sonder hul medewete en goedkeuring op te gradeer nie.

Volgens me. Liesl Smith, ’n staatsgetuie, was die vier mense wat opgraderings geniet het, se name nie op die magtigingstaat nie. “Gedurende een van die vlugte waar ’n kliënt van Welwitschia Travel ’n opgradering ontvang het, was dit steeds nie deur Air Namibia goedgekeur nie,” het sy gesê. Van die vliegtuigkaartjies wat die reisagentskap van Air Namibia ontvang het, is 14 kaartjies gevind waarvan die toegelate hoeveelheid afslag verander is. Langs die magtigingsnommer op die koeponne is die afslagkode AD75, wat beteken kaartjiehouers kan 75 persent afslag op hul vliegtuigkaartjies ontvang. Volgens Smith kan op die koeponne gesien word dat die afslagkode AD00 met die hand geskryf is.

Die kode beteken dat die kaartjies gratis is. “’n Handtekening was aangebring langs die verandering wat is en dit is me. Elizabeth Shigwedha s’n,” het Smith gesê. Shigwedha is ’n voormalige verkoopspersoon van Air Namibia. Volgens Smith het verkoopspersone nie die gesag om enige veranderinge op vliegtuigkaartjies te bring nie.

Dit word beweer dat die drie respondente die lugredery in 2006 glo met byna N$500 000 dollar bedrieg het deur meer gratis kaartjies uit te reik, vlugkaartjies duurder te maak en kaartjies op te gradeer. Welwitschia en Louw word deur adv. Louis Botha en Shigwedha word deur mnr. Jan Wessels verteenwoordig. Die saak is tot die 29 Augustus uitgestel en sal tot 31 Augustus duur. Daarna sal dit eers weer in Januarie 2013 hervat.