24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.03.2010

Regspan wag net op hoogste hof

DIE nege opposisiepartye se kennis van appèl teen die verwerping van die aansoek om die uitslag van die verkiesing van lede van die Nasionale Vergadering nietig te laat verklaar, sluit ook appèl teen die regskoste in.

Agt van die aansoekers het besluit om by die Appèlhof kapsie te maak teen die Hoërhof-uitspraak waarin Regterpresident Petrus Damaseb en Regter Collins Parker die verlede Donderdag die verkiesingsgeding met koste van die rol geskrap het.

Die partye is oortuig dat geregtigheid nie geskied het nie en reken dat die beslissing ’n fout was. Hulle het verwag dat die Hoërhof van Namibië die getuienis sou oorweeg wat voor die hof gedien het, aangesien hulle oortuig is dat die Novemberverkiesings se uitslag nie die ware wil van die mense weerspieël nie en daarom die sleutelbeginsel van demokrasie geskend het.

Die Hooggeregshof moet nou ’n datum bepaal waarop die appèl aangehoor sal word.

“Ons is reeds besig om die appèlrekord voor te berei en wag nog op ’n datum wat aan ons verskaf sal word,” het die regsverteenwoordiger van die partye, mnr. Tobie Louw, gesê.

Die sleutelgronde vir die Hoërhof se bevinding was dat die aansoek laat ingedien is sonder om behoorlik vir kondonering te vra. Die aansoekers hou vol dat die griffier, soos male sonder tal in ander sake gebeur, toestemming gegee het dat hulle hul hofstukke buite die voorgeskrewe ure kon indien.

Hulle argumenteer dat die Hoërhof uit die staanspoor kon weier om na die saak te luister as dit dan weens tegniese oorsigte gedoem was. Selfs al was die aansoek laat, word die feit volgens die aansoekers totaal oorskadu deur die meriete van hul saak en die gevaar waarin demokrasie verkeer.