24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.09.2010

Protes voor hof toe Stoffels-moordenaar verskyn

© Niël Terblanché

DIE man wat in verband met die verkragting en moord op die 16-jarige Magdalena Stoffels in hegtenis geneem is, het vandag vlugtig in die landdroshof van Katurura verskyn.

Dit is die tweede verskyning van Junias Phillipus. Die landdros het die saak na 15 September uitgestel om die polisie kans te gee om die gru-moord verder te ondersoek. Borg is die geval nie oorweeg nie en die landdros het beveel Phillipus moet in in aanhouding bly.

Buite die hof het die verkeersafdeling van die Windhoekse stadspolisie die straat afgesper, waar groep protesgangers met plakte voor die hof vergader het. Die ouers van die jong meisie wie se dood soveel opskudding veroorsaak het, Magrieta en Victor Ihuhua, was ook onder groep protesteerders.

Een van die organiseerders van die protesaksie het ná die verskyning van Phillipus die groep ingelig dat die hofverrigtinge verby is. Mense het Magdalena se ouers met omhelsings moed ingepraat vir die beproewing wat voorlê.