24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.01.2012

‘Perdeman’ uit op borg

© Ruhan Bothma

ELIAKIM Amaamwa wat Vrydag in die hof op Okahandja op ’n klag van dieremishandeling verskyn het, is op borgtog van N$10 000 vrygelaat waarna die saak tot 16 Februarie 2012 uitgestel is.

Die staatsaanklaer op Okahandja, me. Felistas Shikerete, het gister bevestig dat Amaamwa die borgbedrag betaal het en uit aanhouding is.

Amaamwa is verlede Donderdag deur die polisie op Okahandja in hegtenis geneem na hy ses perde en ’n vul onder haglike omstandige vervoer het. Die diere het skaaf- en snywonde in die proses opgedoen en was erg ontwater met Amaamwa se aankoms op Okahandja.

Hy was vanuit die Suide van die land na die verre Noorde met die diere onderweg.

Die perde is deur die polisie gekonfiskeer en aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Windhoek oorhandig. Die DBV het toegesien dat die wonde wat die perde opgedoen het, behandel word en hulle sal in die sorg van die organisasie bly.