24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.02.2012

Pendukeni se weergawe van die waarheid

© Yolanda Nel
Die sekretaris-generaal van Swapo, me. Pendukeni Iivula-Ithana, met haar prokureur, mnr. Dirk Conradie.

“HOE weet ons John Grobler het nie self die artikel op Swapo se webtuiste gepubliseer nie? Sy voorneme om die party te dagvaar, was tog duidelik en hy wou dit uitvoer.”

Dit was die woorde van die sekretaris- generaal van Swapo, me. Pendukeni Iivula-Ithana, gister in die Hoërhof tydens die lastersaak teen haar en die party waarin die vryskutjoernalis John Grobler vergoeding van N$300 000 eis.

Die stelling is deur Grobler se regsverteenwoordiger, me. Hanncher Schneider, as verregaande beskryf.

Schneider het aangevoer dat daar talle ooreenstemmings in ’n e-pos is wat Iivula-Ithana aan Grobler gestuur het en die artikel wat op die webblad gepubliseer is. “Dieselfde spelfoute word in beide dokumente gemaak; ook hoe Grobler voorgestel word en die feit dat hy in beide dokumente as ’n Koevoet uitgemaak word,” het sy gesê.

Hierop het Iivula-Ithana geantwoord dat sy nie die artikel geskryf het nie en ook nie weet wie daarvoor verantwoordelik is nie. “Die skrywer van hierdie artikel moes op ’n manier uitgelok gewees het,” het sy gesê.

Volgens haar is die trant van Grobler se meningstukke as ondersoekende joernalis, uitlokkend en opruiend. Talle mense kritiseer die Regering en vir Swapo, maar hulle beledig nie individue nie, sê sy.

“Met die hoop op nasionale versoening het Swapo die kragte van die Namibiese polisie en die weermag laat verenig, om as een nasie saam te staan en vorentoe te beweeg, maar John Grobler het sy vuurwapen neergesit net om sy pen op te tel om verder teen Swapo te baklei,” het Iivula-Ithana gesê.

Op die vraag van Iivula-Ithana se regsverteenwoordiger, adv. Gerson Narib, of Grobler wel ’n Koevoet, van die SWA polisie se destydse gevegseenheid was, het sy gesê dit maak nie saak nie. “Hy was deel van ’n diens wat na Namibië opgeroep was om te moor. Hulle was opgelei om te moor, hetsy dit mans, vroue of kinders was. Die vyand was die Suid-Afrikaanse regime.”

Iivula-Ithana het ook gesê Grobler se skryfstyl is een wat die haat van die verlede laat voortleef en dat hy met baie bagasie rondloop. “Ek kan nie anders as hom in die kamp van die vyand te plaas nie,” het sy gesê.

Op ’n vraag het sy erken dat sy self ’n opgeleide soldaat was. “Is jy ’n moordenaar?” wou Schneider weet, waarop sy nee geantwoord het. “Ons is opgelei om te weet wie die vyand is en dit was oordeelkundige dade, nie moorde op onskuldige mense nie.”

Oor die feit dat een van die getuies, die menseregte-aktivis mnr. Phil ya Nangoloh van Namrights, ook die Swapo-koerant Namibia Today vir N$250 000 dagvaar, het sy gesê: “As sekretaris-generaal van Swapo raak dit my natuurlik. Hierdie mense het hul hande vuil gemaak en kan nie van die hof verwag om dit skoon te was nie. Die doel hieragter is om die party uit te buit.”

Namibia Today se redakteur, Asser Ntinda, het ook as getuie die regsbank betree. Hy het gesê die koerant het agtergekom dat Grobler onder die skuilnaam Jonathan Cobra skryf toe ’n identiese artikel in Suid-Afrikaanse en Namibiese media verskyn het.

Die saak is vir voorleggings tot 29 Februarie uitgestel.