24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

Otjinene-‘roofbende’ in hof op Gobabis

’n VROU wat op verskeie veediefstalklagte teregstaan, het verlede week saam met agt mans in verband met onder meer gewapende roof in die landdroshof op Gobabis verskyn.

Me. Barbara Kaovere (31) en mnre. Josef Katunohange (31), Ismael Mutota (25), Erastus Nangolo (25), Abisai Willem, Amunyongi Jairus, Josef Hamkwiyu (27), Napoleon Katumbe en Agapitus Agapitus staan op klagte van gewapende roof, huisbraak met die doel om te roof, diefstal en die rig van ’n vuurwapen tereg.

Die saak is tot 24 April vir verdere ondersoek uitgestel. Die beskuldigdes kan intussen ’n formele borgaansoek aan die staatsaanklaer, mnr. Johan Pienaar, rig.

Die rooftog het op die nag van 10 Januarie by ’n sjebeen op Otjinene plaasgevind waar die rowers kontant ter waarde van N$25 000, ’n skootrekenaar en ’n blêrkas gebuit het.

Die verdagtes is die volgende dag op Otjiwarongo vasgetrek terwyl Kaovere die voertuig bestuur het waarin die groep van sewe rowers op Otjinene op die vlug geslaan het.

Die verdagtes het glo twee ander taxibestuurders uit Windhoek ontbied om hulle te help om die polisie te ontduik – vandaar dat die aantal verdagtes tot nege opgestoot is.

Volgens komm. Joseph Anghuwo, bevelvoerder van die polisie in die Otjozondjupastreek, is Kaovere tans verhoorafwagtend in verband met voorvalle van veediefstal wat in die Omahekestreek (twee klagte), by Osire (twee klagte) en naby Otjiwarongo gepleeg is.