24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

26.02.2010

Nuwe regters aangestel


Regter Pius Langa, gewese hoofregter van Suid-Afrika, sweer die president van Suid-Afrika, mnr. Jacob Zuma, in. Regter Langa is nou as waarnemende regter van die Hooggeregshof in Namibië aangestel.

VERSKEIE regters is onlangs deur President Hifikepunye Pohamba op aanbeveling van die Regsdienskommissie aangestel met Regter Sylvester Mainga, die langsdienende Regter van die Hoërhof, wat tot regter in die Hoogegeregshof bevorder is.
© Republikein
Landdros Alfred Siboleka, vanaf 16 Maart Regter in die Hoërhof.
Regter Mainga het sedert Januarie 1999 in die Hoërhof gedien en hy aanvaar diens in die Hooggereghof met ingang van 1 Mei.

Die Hooggeregshof het ook die dienste van hoog aangeskrewe regsgeleerdes in die persone van die afgetrede hoofregter van Suid-Afrika, Regter Pius Langa en die afgetrede regter van die Grondwetlike Hof van Suid-Afrika, Regter Kate O’Regan, bekom.

Beide Regters is vir ’n tydperk van een jaar vanaf 1 Februarie 2010 in ’n waarnemende hoedanigheid aangestel.

Mnr. Alfred Siboleka, tans ’n landdros, is as permanente regter van die Hoërhof met ingang van 16 Maart vanjaar aangestel.