24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

26.02.2010

NHE-baas veg terug

Hof moet Hailulu-klaers keer

© Republikein
Mnr. Vinson Hailulu
’n DRINGENDE aansoek deur die hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), mnr. Vinson Hailulu, gaan Woensdag in die Hoërhof dien om die Aanklaer-generaal, me. Martha Ekandjo-Imalwa, te verplig om die hof se tussentydse bevel ten gunste van die NHE-baas te respekteer en na te kom.

Mnr. Hailulu en mnr. Webster Gonzo, ook van die NHE, is verlede maand in kennis gestel dat hulle op 5 Maart op 13 klagte van beweerde korrupsie in die Hof moet verskyn.

In November 2008 het die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) mnr. Hailulu in hegtenis geneem op feitlik dieselfde klagte wat die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) by die ACC ingedien het, maar drie maande later het die Hoërhof ’n tussentydse bevel uitgereik om die inhegtenisneming te hersien.

’n Maand later het die ACC die klagte teen mnr. Hailulu ook laat vaar. Volgens die beëdigde verklaring van mnr. Hailulu sal hy die hof nader om sy regte te beskerm aangesien sy hersieningsaansoek nog hangende is en die tussentydse bevel nog van krag is. Hy sê hy was geskok om op 31 Januarie vanjaar in ’n weekblad te lees dat hy weer deur die kantoor van die Aanklaer-generaal aangekla gaan word en op 15 Februarie het hy ’n lasbrief ontvang wat hom in kennis stel dat hy op 5 Maart op byna dieselfde klagte in die hof moet verskyn.

’n Brief is deur sy regsverteenwoordiger aan die Aanklaergeneraal as eerste respondent en die ACC as tweede respondent gestuur wat hulle daarop wys dat hul optrede nie net onvanpas is nie, maar ook as minagting van die hof opgeneem kan word.

Mnr. Hailulu argumenteer dat niemand die reg het om ’n hofbevel te omseil nie en daarop gewys dat die kantoor van die Aanklaergeneraal op 27 Oktober 2009 onderneem het om by die bevel te staan en te wag vir die hersieningsaansoek voordat enige ander stappe geneem sal word.

Daarom sê hy moet opgehou word om die hofbevel te minag en met die saak aan te gaan wat op ’n betwiste ondersoek gegrond is. Volgens mnr. Hailulu is dit onvanpas dat hy teen volgende Vrydag in die hof moet verskyn solank as wat die hersieningaansoek nog hangende is.

Die verwagting is dat hierdie aansoek eers teen die tweede deel van die jaar in die hof sal dien. Die derde respondent in die dringende aansoek is die direkteur van die ACC, mnr. Paulus Noa, met die Windhoek streekhof as vierde en die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, dr. Nickey Iyambo, as die vyfde respondent.