24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.03.2010

Kishou in verraadgeding

© Dani Booysen
Beskuldigdes in die Caprivi-hoogverraadsaak het gejubel toe alle beweerde skuldbekentenisse teen hulle as ontoelaatbaar verwerp is.

REGTER Elton Hof het gister al 26 beweerde skuldbekentenisse in die hoogverraadsaak teen 116 vermeende Caprivi-rebelle as ontoelaatbaar verwerp.

Tot op datum is dit waarskynlik die gevoeligste slag nóg vir die staat se saak, wat die bekentenisse as van hul grofste geskut in die geding bestempel het.

Die Namibiese polisie en die landdroste wat die eedsverklarings afgeneem het, is saam uitgesonder as die hoofaanspreeklikes vir die reuseoorwinning vir die verdediging.

Nie net is geweld en dwang in gevalle gebruik om van die bekentenisse te bekom nie, het Regter Hoff bevind, maar wanneer verdagtes landdroste oor hul aanranding en afdreiging ingelig het, is sulke aantygings eenvoudig glad nie verder ondersoek nie.

Hy het die feit dat beskuldigdes nie ingelig is dat hulle die staat vir regshulp kon nader nie, in 17 gevalle as ’n fatale dwaling bestempel.

Vir nou is die staat se hande gebind om beswaar aan te teken. ’n Appèl sal eers moontlik wees as van hierdie beweerde afstigters – verskeie baie hoog op die beskuldigdelys – uiteindelik onskuldig bevind word. Die hof kan ook op grond van nuwe getuienis wat later in die verhoor na vore kom, dalk sy bevinding heroorweeg. Volgens die staat het etlike beskuldigdes wat na bewering persoonlik deelgeneem het aan 2 Augustus 1999 se gewapende aanslae op sleutelinstellings in die Caprivi, onder eed skuld aan hoogverraad erken. Die string binneverhore oor die toelaatbaarheid van die bekentenisse hou die hof al sedert April 2009 besig.

Vir al die tyd en geld kan die staat nou niks wys nie.

’n Mens kon ’n speld hoor val in die spesiale Hoërhof by Windhoek se Sentrale Gevangenis toe Regter Hoff kortliks die redes vir sy bevinding uitgestippel het.

’n Senior polisieman, insp. Richard Mukena, se bekentenis onder kruisondervraging dat verskeie beskuldigdes inderdaad aangerand is, is volgens Regter Hoff nie gediskrediteer deur kollegas wat een na die ander enige vuilspel ontken het nie. “Die hof kan nie die getuienis ignoreer nie,” het Regter Hoff benadruk.

Volgens die Regter het die staat nie bewys dat insp. Mukena se weersprekende weergawes van gebeure ongeloofwaardig is nie, en ook nie gevra dat hy vyandig verklaar word nie.

Regter Hoff het groot nadruk geplaas op die reg op ’n regverdige verhoor – ’n proses wat reeds met iemand se inhegtenisname begin.

As voorgeskrewe prosedures nie van meet aan gevolg word nie, het hy gesê, het dit ’n invloed op die vrywilligheid van mededelings aan die polisie en landdros en uiteindelik die regverdigheid van die hele verhoor.

Die Regter het benadruk dat verskeie beskuldigdes aan landdroste gesê het hulle is aangerand. Party het ook hul littekens aan landdroste gewys.

In byna alle gevalle het landdroste egter eenvoudig voortgegaan om verklarings af te neem. Al het baie beskuldigdes gesê hulle is al lank terug aangerand, moes landdroste volgens Regter Hoff verder ondersoek ingestel het.

“Daar is ’n plig op ’n landdros… om die aantyging (van aanrandings) te ondersoek,” het hy beklemtoon.

Teen die agtergrond kon die staat volgens Regter Hoff nie bo redelike twyfel bewys dat enige van die bekentenisse vrywillig bekom is nie.

“Ons is baie tevrede,” het mnr. Jonathan Samukange van Zimbabwe, een van die agt prokureurs vir die verdediging, na die uitspraak gesê.

Adjunkaanklaer-generaal Herman January, leier van die staat se span, het erken dat dit ’n groot terugslag vir hulle is. “Ons sal maar net aanhou getuienis aanbied,” het hy egter vasberade verseker.