Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

10.03.2010

Kiesappèl in rat

REGSVERTEENWOORDIGERS van nege opposisiepartye het gister in die Hoërhof kennis gegee dat hulle appèl aanteken teen die uitspraak van die Hof waarin hul aansoek om die verkiesings ongeldig te laat verklaar, verwerp is.

Die kennis van appèl geld slegs die verkiesing van lede van die Nasionale Vergadering. Appèl sal nie teen die uitslag en verkiesing van die President aangeteken word nie.

Sedert die aanvang van die hofverrigtinge het regslui namens die opposisiepartye volgehou dat die feit dat hulle eers die hofstukke om 16:30 op 4 Januarie vanjaar by die kantoor van die Registrateur van die hof ingedien het, nie rede is om die saak te laat skipbreuk ly nie.

Vooraf toestemming is van die Registrateur verkry om die stukke na die spertyd, te wete 15:00, in te dien. Hulle meen die Registrateur is by magte om uitstel vir die indien van hofstukke te verleen en dat hulle heeltemal binne die wet opgetree het en die regte pad gevolg het.

’n Volle bank van die Hooggeregshof sal nou moet besluit of die stukke wettig ingedien is en of die Hoërhof verkeerd opgetree het deur glad nie oorweging te skenk aan die ernstige aantygings wat teen die Verkiesingskommissie vir die nie-nakoming van die verkiesingswet gemaak word nie.