24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.01.2012

Köhnke-moordsaak hervat


Joseph Wasuka Nunda

DIE sloerende moordsaak waarin twee mans glo die liggaam van hul slagoffer aan die brand sou gesteek het, het verlede week in die Hoërhof hervat.

Mnre. Domingo Zuzee da Costa en Joseph Wasuka Nunda staan tereg op ’n klag van die moord op mnr. Ralph Köhnke (35), wat as vlieginstrukteur by die Namibiese Lugvaartopleidingsakademie (NATA) werksaam was. Hy is op 26 Desember 2005 by sy huis in Windhoek-Wes vermoor en beroof.

In die verhoor wat verlede jaar met ’n binneverhoor begin het, betwis Da Costa sy beweerde erkenning en uitwysing van wat hy gedoen het kort nadat hy in hegtenis geneem is.

Die staatsaanklaer, me. Belinda Wantenaar, het verskillende onreëlmatighede en teenstrydighede in Da Costa se getuienis uitgewys.

Domingo Zuzee da Costa
In ʼn brief wat Da Costa drie jaar na sy inhegtenisneming aan die Aanklaer-generaal gestuur het, beweer hy dat hy bereid is om as staatsgetuie op te tree. Luidens hom wil hy ook nie met sy medebeskuldigde geassosieer word nie omdat hy aan kriminele aktiwiteite deelneem. Da Costa beweer dat hy bloot ʼn slagoffer van omstandighede is. Da Costa sê ook in die brief dat dit sy medebeskuldigde se skuld is dat hy in hierdie morsige situasie beland het.

Hy voer verder aan dat dit sy prokureur was wat hom aangemoedig het om die brief te skryf en dat dit nie sy eie siening weerspieël nie.

Hy sê sy aanvanklike erkenning was afgelê as gevolg van die polisie se inmenging.

Volgens hom is hy deur die polisie gelei wat om tydens sy oorspronklike erkenning te sê en dat dit nie sy eie siening is nie, al het hy dit vrywillig en in die afwesigheid van ʼn prokureur gedoen.

Hy beweer dat die polisie se getuienis gedurende sy borgaansoeke in die landdroshof nie met syne ooreengestem het nie en dat selfs ʼn aanklaer betrokke was wat geld uit die saak ontvang het. ʼn Man wat sy taxi bestuur en sy meisie moes gedurende die verrigtinge N$1 000 en N$2 000 onderskeidelik aan een van die polisiebeamptes betaal ten einde sy saak vlot te laat verloop.

Die staat voer aan dat die twee mans Köhnke se liggaam ná die moord naby Goreangabdam gaan stort het waar hulle, in ’n poging om die moord te verdoesel, sy liggaam aan die brand gesteek het.

Dit word verder beweer dat die twee beskuldigdes na hulle die lyk verbrand het, ná Köhnke se woning teruggekeer het en onder meer sy voertuig, drie rekenaars, ’n grassnyer, ’n jaggeweer, ’n haelgeweer en ’n onbekende bedrag in buitelandse valuta gesteel het.

Köhnke se motor is later in die Havana-woonbuurt in Katutura gevind.

Die verhoor is reeds herhaalde kere vertraag deur onder andere die regverteenwoordigers van die beskuldigdes wat hulle aan die saak onttrek het, die onbeskikbaarheid van die aanklaer en die beskuldigdes se prokureur asook die druk program van die Hoërhof.

Die saak dien voor Regter Nate Ndauendapo. Die twee beskuldigdes se prokureurs is mnre. Christian Nambahu en Winnie Christians.