24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

Katiti het ’n saak, gelas Regter

© Republikein
DIE aansoek om kwytskelding wat in November deur adv. Andrew Corbett namens Free Press Namibia, die voormalige redakteur van The Namibian en ’n verslaggewer ingedien is, is Maandag deur die Hoërhof verwerp.

“Die eiser (mnr. Augustinus Katiti, voormalige hoof uitvoerende beampte van Walvisbaai se munisipaliteit) het in die hof getuienis gelewer dat sy aansien skade gely het ná die publisering van die berig,” het Waarnemende Regter Petrus Unengu gelas.

“Na my mening het die eiser ’n prima facie saak teen die respondente gestel en daarom kan die aansoek vir kwytskelding nie toegestaan word nie,” het die uitspraak gelui.

The Namibian se beheermaatskappy Free Press Namibia, die koerant se destydse redakteur, me. Gwen Lister, kusverslaggewer, Adam Hartman, asook die voormalige eienaar van Remax Real Estate se vrou, me. Regina Kotchanova, is deur Katiti vir N$300 000 vir naamskending en laster gedagvaar ná ’n voorbladberig op 21 Desember 2007 onder die opskrif, “Katiti charged with theft”.

Luidens die berig in Desember 2007 is Katiti deur die voormalige eienaar van Remax Properties, mnr. Nicolai Kotchanova, van diefstal aangekla. “Katiti het versuim om die laaste paaiement van N$775 000 te betaal vir die onderneming wat hy by Kotchanova gekoop het.”

Die berig is twee dae tevore deur Republikein onthul, maar Katiti se prokureurs is ook die geleentheid gebied om breedvoerig oor die beweringe in die berig kommentaar te lewer.

Volgens Katiti kan hierdie opskrif by lesers die begrip laat ontstaan dat ’n saak van diefstal teen hom gemaak is, dat hy vervolg is of as ’n beweerde krimineel gesien kan word wat nie sy kontrakte nakom nie.

Corbett het betoog dat die berig nie verkeerdelik gepubliseer is nie en as redelik beskou kan word. “Die waarheid is gepubliseer en die berig was in die openbare belang,” het Corbett aangevoer.