24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.09.2010

Jong rowers sit vyf jaar

KNAP speurwerk deur die polisie het daartoe gelei dat twee mans wat ‘n jong vrou verlede jaar in Windhoek beroof het, vyf jaar agter tralies moet deurbring.

Johannes Tangeni Silas (23) en Paulus Boangue (25) is Woensdag in die Katutura landdroshof deur landdros Conchita Olivier aan roof met verswarende omstandighede skuldig bevind en tot vyf jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.Silas en Boangue is daarvan beskuldig dat hulle me. Desiree Coetzee in Oktober 2009 van haar bagasie, selfoon, trouring en geld beroof het.

Sy het getuig dat sy by Maerua-inkoopsentrum deur Silas genader is wat aangebied het om haar in sy taxi na haar huis in Pionierspark te vervoer. Op pad daarheen het hy egter omgedraai om sy medebeskuldigde, Boangue, te gaan oplaai by die inkoopsentrum. Silas het aan haar gesê dat hy eers vir Boangue dringend na Khomasdal moet neem.

Mettertyd het me. Coetzee egter besef dat sy in gevaar verkeer toe sy na Otjomuise se plakkerskamp vervoer is. Die twee beskuldigdes het haar in die buitewyke van die plakkerskamp met ‘n mes gedreig en haar van haar selfoon, horlosie, bagasie en trouring beroof. Later is ‘n vuurwapen ook op haar gerig.

Boangue het glo in ‘n stadium aan Silas gesê: “Moet haar nie steek nie, skiet haar net.”

Me. Coetzee het verder getuig dat die voorval haar lewe onherroeplik verander het. Die ondersoekbeampte, sers. Joseph Nakoro, het getuig dat hy ondersoek ingestel het deur na die Maerua-sentrum te gaan. Hier het hy weer vir Silas gevind besig om mense in die rooftaxi te vervoer.

Die bagasie van die klaagster is by sy huis in die rivierbedding in Otjomuise gevind, na hy deur haar uitgeken is. Dit is later vasgestel dat die motor aan ‘n polisiebeampte behoort het en dat Silas slegs die motor moes herstel.

Boangue is later dieselfde maand op Ondangwa in hegtenis geneem waar hy die selfoon glo verkoop het. Beide mans was eerste oortreders en het hul eie verdediging behartig. Me. Roxaan Witbooi het namens die staat verskyn.