24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

31.01.2012

Hoff se saak weer uitgestel

© Republikein
ME. Susanne Hoff, die Windhoekse sakevrou wat op klagte van sameswering om haar man te vermoor, sowel as ’n klag van bedrog tereg staan, sal nog twee maande moet wag vir die polisieondersoek om afgehandel te word voordat die hofsaak kan voortgaan.

“Tydens haar aansoek om borgtog in Desember is aangevoer dat die ondersoek sowat 70 persent klaar is, en nou word nog twee maande benodig om die laaste 30 persent af te handel,” het haar regsverteenwoordiger, mnr. J.P Jones, gister vies in die landdroshof gesê.

Hy het versoek dat dit die laaste keer moet wees dat uitstel verleen word sodat die saak kan begin.

Landdros Duard Kesslau het hierop geantwoord dat dit te gou is om vas te stel of die saak weer uitgestel gaan word. “Daar moet onthou word dat die saak wel eers in Desember begin het,” het Kesslau gesê.

Tydens die verhoor het Jones ’n dokument van Hoff se dokter ingedien wat aandui dat haar gesondheid nie na wense is nie en dat sy eerder in die staatshospitaal vir waarneming moet aanbly.

Kesslau het die versoek op een voorwaarde toegestaan. “Sodra haar toestand genoegsaam verbeter, sal sy weer na die Wanaheda polisieselle verplaas word,” het hy gelas.

Hoff word daarvan beskuldig dat sy haar man, mnr. Egbert Hoff, in November 2011 wou laat vermoor deur glo twee mans vir die taak te huur, maar dit het op die nippertjie misluk toe die mans die saak by die polisie aangemeld het.

Me. Hoff word ook op verdere klagte van bedrog en diefstal as die tweede beskuldigde aangekla nadat sy glo haar vriendin, gravin Ludmilla von Korf, se man se kredietkaart gebruik het.

Hoff het in Desember ’n aansoek om borgtog ingedien, maar dit is deur landdros Justine Asino geweier.

Me. Elzanne Booysen sal vanaf April verder vir Hoff verteenwoordig, nadat Jones gister in die hof sy bedanking by sy regsfirma bevestig en hom gevolglik van die saak onttrek het.