24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.09.2010

Hof sê Maandag oor verkiesingsappèl

DIE lankverwagte uitspraak in die verkiesingappèlsaak word Maandag om 10:00 in die Hooggeregshof gegee.

Die volle regbank van die Hooggeregshof bestaande uit Hoofregter Peter Shivute, bygestaan deur Appèlregter Gerhard Maritz, Waarnemende Appèlregters Simpson Mtabanengwe, Fred Chompa en Pius Langa, het reeds op 30 en 31 Mei vanjaar argumente aangehoor van die nege opposisiepartye wat appèl aangeteken het teen ‘n vorigeuitspraak van die Hoërhof.

Nege opposisiepartye het die Hoërhof vroeg vanjaar versoek om die November 2009-verkiesing vir lede van die Nasionale Vergadering nietig te verklaar.

Regterpresident Petrus Damaseb en Regter Collins Parker het vroeër vanjaar in die Hoërhof die saak waarin beweerde growwe verkiesingsongerymdhede uitgewys is, verwerp op grond daarvan dat die hofstukke ‘n uur en ‘n half ná die sluiting van die registrateur se kantoor ingedien is.

Die hof het nie oor die meriete van die saak en argumente en bewyse van verkiesingsongerymdhede en voorbeelde van hoe die Verkiesingskommissie nie die Kieswet nagekom het, beslis nie.

Die uitspraak is bloot op tegniese gronde gelewer. Indien die Hooggeregshof se uitspraak ten gunste van die opposisiepartye is, sal die saak terug verwys word na die Hoërhof om oor die meriete van die saak te beslis en te besluit of die Novemberverkiesings inderdaad regverdig beoordeel was, aldan nie.

Die Rally for Democracy and Progress (RDP), DTA van Namibië en die Republikeinse Party (RP) het uit protes en omdat hulle nie die uitslag van die verkiesing aanvaar nie, nie hul setels in die Nasionale Vergadering ingeneem toe die nuwe Nasionale Vergadering (NV) op 21 Maart ingehuldig is nie.

Ander opposisiepartye wat ook deel van die hofgeding uitmaak, te wete Nudo, die Congress of Democrats (CoD) en die All People’s Party (APP) het egter hul setels ingeneem.