24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.09.2010

Hof kan gou beslis

DIE tafel is gedek vir die Hoërhof om so spoedig moontlik uitspraak in die verkiesingshofsaak te gee.

Volgens die griffier van die Hoërhof, me. Elsie Schickerling, hoef argumente nie weer deur die regsverteenwoordigers van nege opposisiepartye, die Verkiesingskommissie van Namibië en Swapo aangehoor te word nie omdat dit reeds vroeër vanjaar geargumenteer is.

Dit volg ná die Hooggeregshof Maandag die appèl wat opposisiepartye teen die verwerping van hul saak in die Hoërhof gebring het, toegestaan het.

Die nuus dat Regter-president Petrus Damaseb aangedui het dat hy bereid is om homself van die uitspraak van die saak te verskoon indien opposisiepartye dit sou verkies, is gister uit opposisiegeledere verwelkom.

Met die aanhoor van die verkiesingsaak was Regter-president Damaseb en Regter Collins Parker op die bank.

Met die hofsaak vroeg in Maart het regsverteenwoordigers van die nege opposisiepartye met ’n lang lys voorbeelde van verkiesingsongerymdhede gekom. Dit het volgens hulle ’n wesentlike impak op die uitslag van die verkiesing vir lede van die Nasionale Vergadering gehad.

Daar is lank geargumenteer oor die leemtes van die kieserslys en die feit dat ten minste drie kieserslyste in omloop was en die Verkiesingskommissie (ECN) nie met sekerheid kon sê watter een gebruik is nie.

Tydens die hofsaak het adv. Reinhardt Tötemeyer namens die opposisiepartye onder meer aangevoer dat die ECN in hul hofstukke erken dat hulle nie gehoor gegee het aan die Kieswet wat bepaal dat die uitslae van stemme wat by stempunte getel is, daar en dan bekend gemaak en vertoon moes word nie.

Die verifiëring waarvoor die wet voorsiening maak, het niks met die aankondiging van die uitslae te doen nie. Indien daar ’n verskil is tussen die uitslae wat by stempunte bekendgemaak is en dié geverifieerde uitslae, is dit op rekord en staan dit enige party vry om dit te gebruik om na die howe te gaan en die uitslae uit te daag.

Nie die ECN, Swapo óf ander partye het in hul antwoordende eedsverklarings enige daadwerklike antwoorde verskaf op die aantygings van verkiesingsbedrog nie en bloot aantygings ontken en met tegniese argumente vorendag gekom hoekom die hof nie na die aansoekers moes luister nie.

Eweneens het die betoë van hul regsverteenwoordigers nie die meriete van die saak hanteer nie, maar gekonsentreer op die tegniese punte soos laat indiening van die hofstukke deur die opposisiepartye.

Dit is juis hierdie tegniese argumente wat nou deur die Hooggeregshof verwerp is en op grond waarvan die appèl toegestaan is.