24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.01.2012

Hoë borgbedrag vir ‘dieremishandelaar’

© Verskaf

’n STERK boodskap dat dieremishandeling nie in Namibië geduld word nie, is Vrydag deur landdros Twvoye Nwale op Okahandja uitgestuur toe borg van N$10 000 toegestaan is aan die man wat die vorige dag ses perde en ’n vul onder haglike toestande vervoer het.

Eliakim Amaamwa het voor landdros Nwale verskyn na hy Donderdag op die tuindorp op klagte van dieremishandeling in hegtenis geneem is.

Amaamwa het aan die landdros verduidelik dat hy net N$500 beskikbaar het om borg mee te betaal. Die landdros was egter onverbiddelik en die borgbedrag is op N$10 000 vasgestel.

Amaamwa het die oggend op Okahandja by die Reitklub stilgehou waar hy versoek dat een van die stalwerkers hom help om die ses perde wat hy op ’n sleepwa agter sy voertuig het, af te laai sodat hulle weer opgelaai kan word nadat die diere geval en mekaar op die sleepwa vertrap het. ’n Vul het vasgebind gelê agterop die bakkie wat die sleepwa gesleep het.

Hy was van die Karasburgomgewing na die Noorde op pad met die perde.

Die perde het verskeie kneusings en skaafwonde opgedoen en was erg ontwater met hul aankoms op Okahandja.

Die stalwerker het hulp ontbied, waarna die polisie ingeroep is en die klag van dieremishandeling teen Amaamwa gelê is.

Die saak is tot 16 Februarie 2012 vir verdere ondersoek uitgestel.

Die perde is deur die polisie gekonfiskeer en aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) oorhandig. Hul wonde word steeds behandel.

Me. Hillary du Plessis van die DBV het by navraag gesê dit gaan goed met die perde en as alles volgens plan verloop, sal die diere teen 29 Januarie na Windhoek gebring word, sodra hulle vervoer kan word en die swelling van hul wonde afgeneem het.

Sy het ook bevestig dat die DBV nog wag op die uitslae van bloedtoetse om vas te stel of die perde Afrika-perdesiekte of ander siektes onder lede het.